Die Argief: 'n Historiese perspektief

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Wendy Cox.  08 Mei, 2021
Wendy het ‘n pragtig gestruktereerde aanbieding gegee oor die ontstaan en ontwikkeling van argiewe.
Die begrippe wat verband hou met die argief milieu is uiteengesit, soos die definisie, die taak van die argivaris asook rol van die instansie.
Hoofgebeurtenisse in die ontstaan van rekords wat begin by die Sumeriërs, daarna Antieke Egipte, die Grieke, Romeine, die Middeleeue, die kerk tot en met die Franse Revolusie is uitgelig en sommige van die tydperke is met voorbeelde geïllustreer.
Timboektoe is kortliks bespreek as ‘n belangrike reservoir van kennis in Afrika waar in verskeie tale, in Arabiese skrif, argivale dokumente bewaar is.
Die gevolge van vernietiging van dokumente tydens en na die Franse Revolusie is aangeraak asook die rol van Napoleon en die bydrae van Nederlanders tot die behoud van dokumente van veral die VOC wat vir SA belangrik is.
Die brand by die Universiteit van Kaapstad, en die stille vuur van verwaarlosing is aangespreek.  Wendy het die belangrikheid van die projek, Toekomsfiks/FutureFit benadruk.
Dit was ‘n wekroep aan al die lede van die GGSA – wees bewus van wat aangaan en help om te bewaar.