Produkte Dienste Familia is nie net intrinsiek gekoppel aan die geskiedenis en ontwikkeling van die GGSA nie, maar ook sy vlagskipproduk, sedert 1964. Benewens hierdie kwartaalblad is daar ook verskeie ander periodieke takpublikasies,,, geassosieer met en gepubliseer deur die onderskeie takke.
Die GGSA-biblioteekversameling van genealogiese boeke en publikasies, sowel as toegang tot virtuele bronne, is beskikbaar en word in die biblioteek van die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument in Pretoria gehuisves. Die virtuele biblioteek van die eGGSA huisves verskeie versamelings foto's, asook ander inligting, afkomstig uit oorspronklike bronne.
Die inligting wat deur die GGSA beskikbaar gestel word, is uiteenlopend van aard, sommige gratis, en sommige beskikbaar in een van die digitale winkels.
Inligting wat vrylik beskikbaar is deur die eGGSA -biblioteke, sluit in:
Die twee digitale winkels is bekend as die the AanlynWinkel en die WebWinkel.
  • Deur die AanlynWinkel is verskillende versamelings digitaal beskikbaar, soos GGSA Versameling Familia, SAF/SAG-registers, Kieserslyste 1984 en Grafsteen-indeks (2021-uitgawe); Omnibus-uitgawes wat verskillende families in een produk kombineer; versamelings wat verband hou met gebiede, groepe en families (vanne); sowel as gepubliseerde boeke.
  • Deur die WebWinkel kan individuele rekords gekies en gekoop word, in plaas van die hele versameling. Drie versamelings rekords is tans op hierdie manier toeganklik, naamlik die 1984 Kieserslys, Begraafplaas-indeks en die eSAGI databasis.
Argiewe bevat primêre en betroubare rekords wat vir die genealogiese navorser van onskatbare waarde is.
  • Om lede aan argiewe bekend te stel; hulle te help verstaan ​​hoe om hierdie skatkis van rekords te ontsluit; die inligting tot sy volle potensiaal te ontgin, asook om hul navorsingsbevoegdhede te ontwikkel en te poets.  Argief-toere,, of Archive Crawls, soos hulle bekend geword het, word gedurende die jaar georganiseer.
  • 'n Ander baie nuttige diens is om afskrifte van dokumente van die argiewe te kan bestel deur die eGGSA webwerf. Op hierdie manier vergemaklik die GGSA-navorsers se vereiste om afskrifte van dokumente by die Suid-Afrikaanse Argiefbewaarplekke in Pietermaritzburg (NAB) vir Natal, Durban (TBD), Bloemfontein (VAB) vir die Oranje-Vrystaat en Pretoria (TAB) vir Transvaal te bekom. Sommige voorheen gekollekteerde beelde van argief-dokumente is beskikbaar om te besigtig.
 Beskikbare genealogie-verwante produkte en dienste.