maak n beginGenealogie het moontlik jou belangstelling gewek, maar waar en hoe begin 'n mens op 'n genealogiese reis?
Dit is waarskynlik makliker as wat jy dink - en in teenstelling met konvensionele wysheid, hoef jy nie heel aan die begin te wees nie - die beste plek is om by jouself en jou eie familiekring - die mense wat jy ken - te begin. Daar is soveel intreepunte tot genealogie, ons bied 'n paar idees aan as jy dit wil probeer. 
“You are born into your family and your family is born into you. No returns. No exchanges.” (Elizabeth Berg)
 
Wees versigtig om nie verlei te word deur kits-familiebome nie. Die ware feite is uiteindelik belangriker en meer waardevol as ‘n vinnige en indrukwekkende, maar vals stamboom.
Wanneer jy oorweeg om familienavorsing aan te pak is dit belangrik om te besin voor jy begin: Wat is jou doelwit? Wat wil jy bereik?  Wat is die omvang van jou beplande studie?
Of jy nou net met genealogie wil eksperimenteer om 'n beter begrip van die dissipline te kry; of die multi-dimensionele legkaart van die lewens van jou voorouers wil ontrafel; of kies om jou bekende familiegeskiedenis op te teken tot voordeel van jou nasate, genealogie sal jou beloon met 'n boeiende reis.
Begin bou aan die multi-dimensionele legkaart van jou familie
...stukkie vir stukkie...