Oor Ons
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) is gebore uit ‘n diepgaande belangstelling in genealogie: ‘n klein groepie uitgelese mense het in 1964 bymekaar gekom rondom ‘n droom om ‘n organisasie te vestig wat toegewy is aan die studie van genealogie en familie-navorsing in die algemeen.
Vandag, meer as 50 jaar later, is die GGSA steeds ‘n spilpunt waar mense bymekaar kom om hulle passie vir “familie” uit te leef. Om ‘n lid van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) te wees is soos om ‘n student te wees in Genealogie by 'n "Universiteit van Praktiese Ervaring". Individueel en gesamentlik maak GGSA-lede ‘n groot bydrae tot die uitbou en ontwikkeling van genealogie in Suid-Afrika.
Elke lid is in die eerste plek 'n lid van die GGSA, ‘n organisasie sonder winsbejag. Die GGSA bestaan uit die Nasionale Uitvoerende Komitee en twaalf takke met ongeveer 1,000 lede landwyd en in die buiteland.  Die grondwet is die belangrikste stigtingsdokument van die GGSA, terwyl die jaarverslae van die Algemene Jaarvergaderings (AJV) en die toekennings wat gemaak is, die werk van die GSSA weerspieël.
Kom, wees deel van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.