Natalse Middelland-tak

Die Natalse Middelland-tak van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika is gebaseer in Pietermaritzburg, die hoofstad van Kwa Zulu Natal en die ligging van die Pietermaritzburg Argief.
Die tak is tans onder die kuratorskap van die KwaZulu-Natalse Familiegeskiedenisvereniging (KZNFHS).
KZNFHS/GSSA vergader op die eerste Saterdag van elke maand (behalwe Desember en Januarie) om 9:30vm vir 10:00vm, by die Hilton Library, Hilton Ave, Hilton. Ons wissel tussen sprekers en werkswinkels oor alles wat met Genealogie verband hou.
Uitgebreide navorsingsbronne is by alle vergaderings vir navorsers beskikbaar. Lede het 'n wye reeks genealogiese belangstellings van setlaars na Natal, insluitend dié van St Helena en Indië.
Ons is gelukkig om lede te hê wat spesialiste in hul onderskeie velde is, soos Shelagh Spencer oor vroeë Britse setlaars, Dr Krish Moodley oor Indiese setlaars, Dr Mike O’Connor oor Ierse afkoms, om 'n paar te noem.
Die Voorsitter is bereid om die biblioteek op ander tye op versoek oop te maak.