Projects

Genealogiese brondata is 'n voorvereiste vir die beoefening van genealogie en daarom bestuur die GSSA 'n aantal projekte in enkele fokusareas:

  • 'n Persoon se lewe, in sy mees basiese vorm, word gedefinieer deur die gebeure wat verband hou met geboorte en dood. Die eerste fokusarea behels sterfteverwante inligting: dit sluit begraafplaas-liggings, begraafplaas-rekords, grafstene, begrafnisbriewe en 'n virtuele ruimte vir die onthou van geliefdes in ("In herinnering").
  • Genealogie handel oor familie en die tweede fokusarea sentreer rondom familiebome: dit sluit die Suid-Afrikaanse familie registers (SAF-registers) in; gesinsbladsye en kwartierstate, sowel as inskrywings in familiebybels.
  • Opnames soos “monsterrolle”, sensusopnames of kieserslyste bied 'n momentopname van 'n individu in tyd en bied tegelyk ook insig in migrasiepatrone. Die derde fokusarea spreek opnames aan; in hierdie stadium val die fokus op die kieserslys van 1972.
  • Die vierde fokusarea is plekke van belang: en die spesifieke projekte fokus op kerke en poskaarte.
Die GSSA is 'n nie-winsgewende organisasie sonder vaste werknemers. Alle projekte word deur lede en/of vrywilligers beman.
 Genealogie ontwikkel in projekte.

Ongeag hoe uiteenlopend hulle aard, projekte is waar ons dinge laat gebeur.