PROJEK Grafsteen-foto's

Headstone projectProjekleier Riana le Roux
Die projek is geïnisieer en word bestuur deur die eGGSA-tak van die GGSA - en die meeste van die ander takke is betrokke.
Beskrywing
Of jy dit nou ‘n ‘tombstone’ noem (die klip bo-op 'n klipkis), 'n ‘gravestone’ (die klipplaat wat 'n graf bedek) of 'n ‘headstone’ (tipies merkers wat 'n graf aandui), al hierdie terme dui 'n merker aan die kop van die graf aan. In hierdie projek noem ons dit grafstene, wat gedenktekens, monumente en gedenkmuurplate insluit.
Grafstene is tradisioneel 'n goeie beginpunt om inligting oor familie te vind en jou eie familiegeskiedenis te ontrafel.
Die projek word beskou as 'n uitbreiding en bewaring van die gedenkstene in die begraafplase regoor Suid-Afrika, wat diegene wat ons voorgegaan het, vereer deur hul name in herinnering te hou. Dit word deur foto’s gedoen met onderskrifte bestaande uit name en datums soos dit op die grafstene verskyn.
Die doel van die projek is die stelselmatige optekening van grafsteeninskrywings op Suid-Afrika-verwante grafte. Môre is daardie grafstene dalk nie meer daar nie.
Die projek word in die eGGSA-konteks die Gravestone Project genoem, waar die fotoalbums ook geleë is.
Aflewerbares
Die grafsteen-foto’s met onderskrifte word in alfabetiese albums beskikbaar gemaak, en is soekbaar by wyse van naam, begraafplaas, ensovoorts – en word gratis beskikbaar gestel. Die albums bevat tans meer as 925 000 foto’s, met baie foto’s wat nog verwerk moet word.
UItnodiging
Die publiek word uitgenooi en aangemoedig om hand by te sit en foto’s te skenk. Jy is welkom om foto’s van Suid-Afrikaanse grafstene by te dra deur dit aan Riana le Roux te stuur (sien hier onder).
Aksies
  • Besigtig die grafsteen-fotoversameling.
  • Soek vir name in die grafsteen-fotoversameling.  
  • Soek vir begraafplase in die grafsteen-fotoversameling.
  • Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. jou grafsteen-foto's vir die albums (tot en met 10Mb, via e-pos).
  • Stuur inligting om spesiale reëlings te tref (indien groter as 10Mb, via e-pos).
  • Aflaai van ‘n gids vir die neem van grafsteen-foto’s.
  • Afaai van 'n gids vir die beplanning van jou uitstappie.