PROJEK Begraafplaas-rekords

cemetery project Projekleiers Peter en Beverley Moss
Die projek is ‘n inisiatief van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA).
Beskrywing
Die doel is om inligting behoue te laat bly deur die insameling, opname, verwerking en die veilige bewaring van begraafplaas-data te bestuur. As sodanig bevat die genealogiese inligting wat opgeteken is geboorte-, sterfte- en begrafnisgegewens, plus enige persoonlike historiese gegewens (bv. beroep, huwelik of enige ander familieverhoudings) wat in die begraafplaas-rekords voorkom.
  • Die data word versamel uit alle soorte begraafplaas-bronne, soos grafstene, begrafnis-registers, gedenktekens en verassingsgedenkplate.
  • Die projek dek alle begraafplaas-data van Suid-Afrikaanse belang, binne en buite Suid-Afrika.
  • ‘n Belangrike fokuspunt van die projek is die versameling van inligting uit die vele plaas-begraafplase wat oral in Suid-Afrika bestaan. Plaas-begraafplase het geen begrafnis-registers nie en die grafstene word verwaarloos en beskadig, anders as stedelike begraafplase wat nou ook toenemend bedreig word.
Aflewerbares
Die Begraafplaas-rekordsprojek transkribeer die inligting uit verskeie bronne en neem dit deurlopend in interne databasisse op. Dit verskaf die inligting om twee indekse te produseer: 'n Begraafplaas-indeks en 'n Grafsteen-transkripsie-indeks.
Die Grafsteen-transkripsie-indeks word jaarliks op ‘n gegewe afsnypunt as 'n uitgawe gepubliseer. Die jongste, Grafsteen-transkripsie-indeks Uitgawe 20, wat in Maart 2022 gepubliseer is, bevat 951 452 name van 3 196 begraafplase. Hierdie uitgawe van die Grafsteen-transkripsie-indeks is digitaal aflaaibaar via die eGGSA se AanlynWinkel en bevat die volledige indeks, soos op die datum van die uitgawe.
Alternatiewelik is die Grafsteen-transkripsie-indeks, wat deur die loop van die jaar deurlopend bygewerk en maandeliks gepubliseer word, ook op die volgende manier beskikbaar: Individuele rekords van die Grafsteen-transkripsie-indeks kan verkry word via die WebWinkel - dit bied 'n soekenjin om spesifieke rekords te kies en met ‘n koopbewys (“token”) aan te skaf.
Uitnodiging
Behalwe die opname van begraafplase deur die verskillende GGSA-takke, het ons baie vrywilligers wat data opneem en help met die verwerking daarvan. Jy is welkom om tot die versameling by te dra - en die uitnodiging is oop vir die publiek.
Kontak
Vir verdere inligting, of as jy belangstel om te help met die opname-werk, dataverwerking of enige ander aspek van die projek, kontak die koördineerders, Peter Moss via Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  of Riana le Roux via Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Aksies
  • Volg op rakende die Begraafplaas-indeks.
  • Volg op rakende die Grafsteen-transkripsie-indeks