Skip to main content

GGSA HEADER AFR

Wie het die GGSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief ontwikkel?

DSC03198Die Moss-familie ontvang die GSSA-Ekstra Myl-toekenning vir die ontwikkeling van die GSSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief.
Begraafplaas-ligginginligting, in GPS-formaat, is ingesamel van die talle vrywilligers wat oor die jare inligting aan die Begraafplaas-rekorderingprojek en die Fotoprojek verskaf het. Hierdie inligting word deur Peter en Beverley Moss in die meester begraafplaasindeks saamgestel.
Hul seuns Stewart en Adrian, wat baie gelukkige ure van hul kinderjare in warm motors gesit het, terwyl Peter & Beverley nog 'n begraafplaas van belang opgeteken het, het die stukrag en tegniese kundigheid vir die inisiatief verskaf:
  • Stewart het die oorspronklike idee bedink en die sagteware ontwikkel sodat Google Earth die Begraafplaas-indeks se data kon lees en vertoon.
  • Adrian het die aanvanklike Google Earth Begraafplaas Inisiatief-webblad ontwerp en gebou.
Ons bedank hulle opreg vir hul tyd en moeite, waarsonder hierdie inisiatief nooit van die grond af sou kom nie.
Op die foto van links na regs: Hendrik Louw, President van die GGSA wat die Ekstra Myl-toekenning oorhandig aan die Moss-familie (Peter, Beverley, Adrian en Stewart) - Maart 2011.

50K-Begraafplaas-soektog

In 'n verdere inisiatief wat teen die einde van 2020 in werking gestel, is die 1:50 000 topografiese kaarte van Suid-Afrika wat duisende begraafplase as "+" vertoon, ontsluit.
Peter Silbernagl
Walter Smit
Peter Silbernagl
Walter Smit
Walter Smit het op voorstel van Peter Silbernagl 'n KMZ-lêer van hierdie punte geskep, ook geïndekseer volgens plek en plaasnaam. Hierdie KMZ-lêer kan gelees word met behulp van Google Earth en deur op die "+"-punt te klik, word 'n dialoogvenster wat die plaasnaam, GPS-koördinate, ens. oopgemaak.
Die "+"-punte wat verteenwoordig word deur die bestaande begraafplase wat reeds deur die Begraafplaas Rekords-projek geïndekseer is, is uit hierdie lêer verwyder. Wanneer dit in Google Earth gelaai word, toon die nuwe beeld dus ongeveer 13 000 voorheen onbekende begraafplaas-liggings, wat ideaal is vir die rekordering van begraafplase.