PROJEK Begraafplaas-liggings - Gebruik Google Earth met GGSA-Begraafplase

GGSA-Begraafplase (geïndekseerde  begraafplase)
Sodra Google Earth geïnstalleer is en die data vir die opgeneemde begraafplase toegepas word, word die volgende relevant:
  1. Wat vertoon die kaart?
  2. Begraafplaas-name.
  3. Kleurkodes van begraafplaas-name.
  4. Die dialoogvenster.
  5. Hoe vind ek 'n begraafplaas waarin ek belangstel?
1. Wat vertoon die kaart?
Google Earth met die GGSA-liggings open met 'n hoëvlak-aansig van Suider-Afrika wat al die GGSA-begraafplaas-liggings met 'n GGSA-simbool wys.
Die standaardfunksies van Google Earth kan gebruik word om in of uit te zoem, die beeld te draai of na verskillende plekmerke of koördinate te vlieg. Interessante plekke wat op die standaard Google Earth-kaarte getoon word, help ook met navigasie.
barbertonview
2. Begraafplaas-name
Die naam van die begraafplaas sal langs die GGSA-logo verskyn.
Deur in te zoem in die algemene area van belangstelling, skei die ikone en die begraafplaasnaam verskyn.
Waar daar meer begraafplase op een plaas is, verskyn die onderskeidende nommer 1, 2, ensovoorts ook as voorbeeld hieronder.

 
Cem names
3. Kleurkodes van begraafplaas-name
Die kleurkodes wat vir die begraafplaas se naamteks gebruik word, is soos volg:
  • Verwerk en gepubliseer in die nuutste Uitgawe (voorheen DVD) en Foto (in helder blou).
  • Verwerk en gepubliseer in die nuutste Uitgawe (voorheen DVD) (in helder groen).
  • Gepubliseer in foto album alleen (in geel-groen ).
  • Nog nie verwerk (in wit).
Colour codes of cem names
4. Die dialoogvenster
Deur op die GGSA-ikoon te klik, laai 'n dialoogvenster met die volgende inligting:
  • Inligting oor begraafplaas: (plaasnaam, ”locality”, landdrosdistrik, provinsie, land).
  • Opname-status (wissel van Gepubliseer in Uitgawe (voorheen DVD) en Foto’s, tot "Nog nie Verwerk nie"). "Slegs liggings" beteken dat die inligting slegs beskikbaar is via die eGGSA-grafsteen-foto's.
  • Aantal name in die begraafplaas (Grafsteen-indeks).
Klik op "View Photos Online" om die foto-album te sien wat deur die eGGSA bestuur word, (indien foto’s van hierdie begraafplaas beskikbaar is).
pop up window
5. Hoe vind ek 'n begraafplaas waarin ek belangstel?
Kenmerke wat tans beskikbaar is, is:
  • Die standaard-pleklys wat op die Google Earth-bladsy onder jou "Places"-balk verskyn. Dit toon die GGSA-begraafplase gesorteer volgens Land en Provinsie en soekbaar vir name van belang. 'n Sub-opskrif gee meer inligting oor die begraafplaas. 'n Enkele klik laai 'n dialoogvenster met inligting oor die begraafplaas.
  • Raadpleeg die Excel-lêers van die Begraafplaas-indeks vir verdere hulp met begraafplaas-name en opname-status.
Hierdie lêers word maandeliks opdateer.
Side bar menu extract