PROJEK Suid-Afrikaanse Familie (SAF) Registers

project SAFProjekpleier Hendrik Louw
Die projek is 'n inisiatief van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
Agtergrond
Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Geslagregusters (SAG) begin en van 1986 tot 1992 die eerst vier dele uitgegee. In 1997 is die afdeling Genealogie-Inligting (voorheen Afdeling Genealogiese Navorsing, Instituut vir Geskiedenisnavorsing)  finaal deur die regering gesluit en die RGN se familienavorsingsfunksie is deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA), wat in 1998 tot stand gekom het, oorgeneem. GISA het met Deel 5 voortgegaan en dié harde kopie naslaanreeks met 17 dele (A-Z-families) voltooi.
GISA het toe besluit om die volumes stelselmatig by te werk, beginnende met A, en daarna sou die nuut bygewerkte SAG-versameling voortaan as SAF bekend staan ​​om die twee te onderskei. GISA het A-L voltooi voordat die gesluit en die bundel as 'n geskenk met kopiereg aan die GGSA bemaak is.
Hoewel verskeie registers M-Z ook opgedateer is, staan ​​die hele versameling nou bekend as SAF en bestaan ​​dit tans uit ongeveer 14 000 familie-registers, ± 1 100 000 name in register-formaat, vanne alfabeties in 49 PDF-afdelings verdeel, maklik om op te soek.
Hierdie versameling vorm die basis van baie navorsers se werk en is sonder twyfel die Suid-Afrikaanse argief van ons Suid-Afrikaanse familieregisters. Op hierdie manier behou Suid-Afrika dus sy genealogiese geskiedenis en kultuur deur die registers voortdurend by te werk, by te voeg en te verifieer vir akkuraatheid.
Beskrywing
Die opdatering van die SAF-registers met nuwe inligting is 'n deurlopende proses en die voltydse verantwoordelikheid van vyf spanlede.
Aflewerbares
Die SAF-register in produkformaat en ander verwante produkte.
Uitnodiging
Jy is welkom om by te dra tot die SAF-registers - hierdie fasiliteit is gratis en oop vir die publiek.  Dit kan insluit:
  • Familie-navorsing en familie-boominligting in jou besit (hetsy jou eie of geërfde inligting) kan aan die projek beskikbaar gestel kan word vir opname in die SAF-registers
  • Inligting rakede jou gesin/familie kan ook ingedien word via die  Kwartierstaatprojek.
Kontak
Vir meer inliigting, kontak asseblief die projekleier, Hendrik Louw, via e-pos.
Aksies
  • Koop die nuutste weergawe van die SAF-registers en verwante produkte, via die AanlynWinkel.
  • Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.‘n gedeelte van die SAF-registers (bv ‘n spesifieke van), via e-pos.
  • Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. jou Familie-navorsing en familie-boominligting in vir opname in die SAF-registers (tot en met 10Mb, via e-pos).
  • Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. inligting (via e-pos) om spesiale reëlings te tref (indien groter as 10Mb).