Maak ‘n begin - Intreepunte

Daar is soveel toegangspunte tot genealogie, hier is 'n paar idees:
  • Begin met jouself en teken jou familie-inligting aan: Die kwartierstaatprojek bevat 'n bietjie agtergrond, voorbeelde en familieblaaie om jou te help om kern genealogiese gegewens te versamel - 'n goeie begin vir jou genealogiese reis.
  • Speel met tegnologie: neem familie-vertellings en -stemme op in videogrepe of klankopnames - dit sal in die toekoms 'n kosbare familieskat word. Jy kan 'n genealogiese profielvraelys as 'n onderhoudsinstrument oorweeg of net vir ouma vra om weer die bekende familie-storie te vertel.
  • Skep 'n fotoalbum: Miskien het jy al ou foto’s, briewe, ensomeer ontdek en wil dalk 'n voorgeslag foto-album begin, verryk met enkele aantekeninge en feite oor jou familie. Onthou om name, datums en plekke by te hou.
  • Lees meer oor genealogie: besoek die biblioteek om ’n gevoel vir genealogiese boeke en dokumente te kry. Jy sal vertroud raak met beskikbare bronne en blootstelling kry aan hoe ander hulle familiegeskiedenis gedokumenteer het. Die bibliotekaris, vaardig in die genealogie, kan jou touwys maak oor hoe om te werk te gaan. Jy kan ook die webwinkel besoek om genealogiese inligting te bekom.
  • Neem genealogie as 'n stokperdjie op: sluit aan by die GGSA en word deel van die genealogiese gemeenskap. Jy sal geesgenote ontmoet, wat wissel van aspirant tot ervare genealoë. Afhangend van die van waarin jy belangstel, kan ons jy moontlik kontak maak met ander lede wat aan dieselfde van werk. Die virtuele toer bied 'n kykie van 90 sekondes waaroor die GGSA gaan.