Foto-fragment: Die eerste foto is in 1827 deur Joseph Niepce in Frankryk geneem. Op 7 Januarie 1839 kondig die Académie Francaise die uitvinding van die fotografiese proses deur Daguerre aan. Die eerste kamera is in 1846 na die Kaap gebring. Vanweë die koste hieraan verbonde, die primitiewe proses en die grootte van die land, is daar voor 1880 in Suid-Afrika min foto's geneem.