Gauteng-Noordtak - Projekte

Die doel van die projek is om die Kieserslys van 1972 in elektroniese formaat beskikbaar te stel. Gauteng-Noordtak bestuur die projek namens GGSA, onder leiding van Annemarie Dreyer & Ilna Ströh
Hierdie GGSA-projek het ten doel om die genealogiese inligting van Suid-Afrikaanse belang in begraafplase te bewaar en vir genealogiese navorsers toeganklik te maak. Oosie Oosthuizen is ons takverteenwoordiger.
Begrafnisbrief-projek
Die begrafnisbrief bevat waardevolle inligting wat nuttig is vir genealogiese en historiese doeleindes. Janine van der Merwe is gemoeid hiermee en verteenwoordig ons tak op hierdie GGSA-projek.
Die 1980 model Gen2SA-sagteware program is onlangs omgeskakel, verbeter en hernoem na Gen2Word.  Die Gauteng-Noordtak is verantwoordelik vir die bestuur van hierdie GGSA-projek onder die leierskap van Otto Diedericks.
Kwartierstaat-projek
Elke lid in die Gauteng-Noordtak word aangemoedig om ‘n kwartierstaat te voltooi en in te dien vir bewaring asook bekendstelling aan mede-lede. So word gesprek oor gesamentlike vanne en voorouers aangewakker.  Otto Diedericks hanteer die projek.