Skip to main content

GGSA HEADER AFR

Gauteng-Noordtak - Maandelikse Aanbiedings 2024

Een van die voordele van GGSA-lidmaatskap is die geleentheid om 'n maandelikse praatjie deur 'n kundige spreker te kan bywoon. Die Gauteng-Noordtak is bekend vir die gehalte, professionaliteit en relevansie van aanbiedings oor 'n magdom genealogie-verwante onderwerpe. Navigeer na die video, teks en skyfiesstel van die aanbieding. Die onderwerp reflekteer die taalkeuse van die aanbieding. Vir die opsomming van elke praatjie, lees hieronder. 

  Kliek ✔ vir aflaai
DATUM       
 SPREKER  ONDERWERP TAAL VIDEO
TEKS SKYFIES  CV 
2024-11-09  Allegaartjie

 


   
Annemarie Dreyer Om die wêreld in ses maande—Die soektog na Brenda se ouers AFR  
Wilhelm Bernhardt Die soektog na my stamvader se Duitse wortels: wanneer is ‘genoeg’ genoeg AFR
Pieter Aucamp Slaggate in die pad van Genealogie AFR
2024-10-12 Wilhelm Bernhardt Boekbespreking: Vyand van die Staat AFR
2024-09-14 Maggi Loubser Tangible Heritage Conservation  ENG
2024-08-10 Neels Coertse Life changing experience in the Vatican Library  ENG
2024-07-13 Francois Tredoux The Battle of Vegkop  ENG
2024-06-08 Sakkie du Plooy 'n Kinderheld in die ABO AFR
2024-05-11 Keith Meintjes Forty years of South African Genealogy — Reflections on the Past and the Future  ENG
2024-04-15 Aletta Penning Handgemaakte kant van Toeka tot Nou — Demonstrasie van 3 kantsoorte AFR
2024-03-09 Program Spesifieke Opleiding en Algemene Lesings  
2024-02-10 André Buys Die Diep Afkoms van ‘n Afrikaner
My voorouers van die hede tot die oorsprong van die mensdom
AFR
AANBIEDINGS VAN VORIGE JARE
 2024  Gauteng-Noordtak - Aanbiedings 
 2023  Noord-Transvaaltak / Gauteng-Noordtak - Aanbiedings
 2022  Noord-Transvaaltak - Aanbiedings
 2021  Noord-Transvaaltak - Aanbiedings
 2020  Noord-Transvaaltak - Aanbiedings 

Allegaartjie November 2024

BERNHARDT Wilhelm Foto 2024 11 09Allegaartjie 09 November 2025
 
Wilhelm Bernhardt - Die Herkoms van Stamvader Wilhelm Bernhardt: Wanneer is genealogiese informasie genoeg, en goed genoeg?:
 
In my navorsing oor die afgelope 20 jaar het ek daarin geslaag om sewe primêre bronne te vind wat potensieel lig op die geboorte, lewe in Duitsland, en afsterwe in Suid-Afrika van stamvader Wilhelm Bernhardt werp.
 
Hierdie bronne weerspreek mekaar op sekere punte en vul mekaar weer op ander aan. Om sake goed deurmekaar te krap, kan ten minste drie van hierdie bronne nie bó alle twyfel met die stamvader verbind word nie, alhoewel dit waarskynlik hy is na wie verwys word. Elkeen van die rekords dra egter ‘n kritieke stukkie tot die steeds onvoltooide legkaart van stamvader Wilhelm Bernhardt se herkoms by.
 
Die vraag wat ek dus met hierdie aanbieding vra, is eenvoudig: Wanneer is genealogiese informasie genoeg, en goed genoeg om as waarskynlik korrek aanvaar te word? Of sien ek dalk uit desperaatheid eerder antwoorde, omdat ek antwoorde wil sien?
 
 
 
 

 
Annemarie Dreyer - Om die wêreld in ses maande: ‘n Soektog na Brenda se ouers, en die ongemaklike inligting wat tydens die proses aan die lig gekom het
 
My soektog na Brenda se ouers, met net haar DNS-resultate om mee te werk, het my in 'n virtuele reis om die wêreld geneem. 
 
Brenda is in Johannesburg gebore en woon nou in Frankryk. Daar is vasgestel dat haar biologiese ma in Zimbabwe oorlede is, waar haar een broer steeds woon.  Die ander broer, so ook van haar kleinniggies, woon in Engeland. Met behulp van DNS kon ons ‘n halfsuster aan vaderskant in Kanada opspoor.
 
Tydens die soektog het ek 'n navorsingsboom van honderde mense gebou,  dosyne dokumente bekyk, asook verskeie potensiele familielede se DNS getoets.  Die gevolgtrekking was dat Brenda se ma, haar tannie en oom elkeen 'n ander pa gehad het.  Al hierdie pa's is steeds onbekend. 
 

AUCAMP Pieter Foto 2024 11 09Pieter Aucamp - Slaggate in die pad van Genealogie:
 
Na afrede het Pieter meer tyd vir navoring gehad om na korrekte informasie oor sy Aucampfamilie te begin soek. 
 
Dit is waar die slaggate in die pad voorgekom het.  In die aanbieding fokus hy op drie tipes slaggate in die pad van genealogie: Dit wat soms in amptelike bronne voorkom, plaasbegraafplase, en in misleidende bronne in die buiteland (kerke).
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Vyand van die Staat – Die Zoeloekoninkryk en die dood van Piet Retief

BERNHARDT WilhelmWilhelm Bernhardt, 12 Oktober, 2024
 
In hierdie aanbieding vertel Wilhelm Bernhardt meer oor sy boek Vyand van die staat.
 
In dié boek gebruik hy sy ervaring in die veld van nasionale veiligheid om die gebeure van 6 Februarie 1838, toe die Boereleier Piet Retief aan die hand van die Zoeloekoning Dingane kaSenzagakone gesterf het, te ontleed en op unieke wyse te rekonstrueer.
 
 

 

 

 

 

 

 


 

Tasbare Erfenis Bewaring

Dr Pieter KRUGERMaggi Loubser, 14 September, 2024
 
Maggi Loubser is tans die programbestuurder van en senior lektor in die Tasbare Erfenis Bewaring (TEB)-program aan die Universiteit van Pretoria.
 
Die program is in 2016 ontwikkel en is in die Skool vir Lettere en Wysbegeerte, Fakulteit Geesteswetenskappe gesetel. Die dekaan van die fakulteit het die konsep van Tasbare Erfenis so verduidelik: “Dit wat konkreet is en aangeraak, gevoel of gehoor kan word.
 
Dit gaan net soveel oor kuns, taal en letterkunde as oor argivale manuskripte, antieke artefakte, mondelinge geskiedenisse, die bou-omgewing, die land, die mariene omgewing … dit alles het iets om ons van die diversiteit van ons verstrengelde erfenis te vertel. Hierdie diversiteit is wat ons mens maak”.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

My lewensveranderende ervaring in die Vatikaan-biblioteek

Dr Pieter KRUGERNeels Coertse, 10 Augustus, 2024
 
Neels het die volgende agtergrond oor sy aanbieding gegee:
 
Ek en my vrou was in April 2016 in Rome en het die Vatikaan-biblioteek besoek.
 
Dit is nie 'n openbare biblioteek nie en word uitsluitlik deur die pous gebruik. My belangstelling was om, indien moontlik, die werke van Flavius Josephus (35 nC – 100 nC, 'n tydperk van erge slawerny) te lees.
 
Ek was nie suksesvol hierin nie, maar ek het wel 600 jaar-oue opsommings van sy werk gevind, handgeskrewe deur ses verskillende  priesters/monnike, om te lees. 
 
Dit was nog steeds 'n baie spesiale ervaring.  Ek het ook 'n groot belangstelling in meubels en meubelmaak – die Vatikaan is boordens toe vol met die mooiste meubels.
 

 

 


 

Die slag van Vegkop

Dr Pieter KRUGERFrancois Tredoux, 13 Julie, 2024
 
Francois se belangstelling was nog altyd in die algemene militêre geskiedenis van die wêreld en in besonder dié van Suid-Afrika. Die geskiedenis en militêre konflikte van die Suid-Afrikaanse pioniers (Voortrekkers) is vir hom van besondere belang.
 
Francois se boeiende beskrywing van hoe die geveg by Vegkop ontvou het, is nie net ’n meesleurende vertelling nie maar laat die luisteraar voel asof hy/sy die slag meemaak en dit self intens beleef.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 


'n Kinderheld in die ABO

Dr Pieter KRUGERSakkie du Plooy, 08 Junie, 2024
The theme of Sakkie’ presentation was the perseverance of Afrikaner women and children during the Anglo-Boer War.
 
The emphasis was on the experience of children during this traumatic period. 
The heroic deeds of our children must not be forgotten and oblige us to share them with our descendants.

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Veertig jaar van SA Genealogie – Besinning oor die verlede en toekoms

Dr Pieter KRUGERKeith Meintjes, 11 Mei 2024
 
Dr Keith Meintjes het ‘n BSc en MSc (Ingenieurswese) aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal, en MA en PhD aan Princeton Universiteit.
 
In sy 40 jaar van navorsing het hy onder andere die Meintjes-familiegeskiedenis herpubliseer en navorsing oor die Wahl- en Watney- en verskeie ander families in Suid-Afrika gedoen. Hy het talle artikels in Familia, Capensis en Genesis publiseer.
 
Keith is medestigter van die eGGSA virtuele tak. In 2019 is hy tot 'n genoot van die GSSA verkies; dit is 'n uitsonderlike eer, wat slegs 21 keer in die vorige 50 jaar toegeken is.
 
Hy het oor vier dekades genealogiese publikasies versamel en 'n goeie biblioteek van Suid-Afrikaanse materiaal gebou. In 2015 het hy meer as 350 fisiese publikasies en baie digitale items aan die Allen County Public Library in Fort Wayne, Indiana, VSA geskenk. Dit is sekerlik die beste versameling oor Suid-Afrikaanse genealogie buite Suid-Afrika.
 
Keith was by ander Suid-A frikaanse genealogiese projekte betrokke en dit sluit die befondsing vir die digitalisering van die Olifant- en Renoster-projekte in. Hy het studente in Stellenbosch ondersteun om 400 ou Bybels by die NGK-argief te katalogiseer. Huidige projekte sluit die digitalisering en katalogisering van die oudste foto's in die NGK-argief in. Hy ondersteun ook studies aan die Universiteit Stellenbosch oor die ekonomiese kragte wat setlaars en slawe in die ou Nederlandse Kaapkolonie affekteer het.

Handgemaakte kant van Toeka tot Nou — Demonstrasie van 3 kantsoorte

Dr Pieter KRUGERAletta Penning, 13 April 2024
As die leser met terme soos Carrickmacross, Koppieskant, Reticella en met die kunswerke van Pierre Fouche vertroud is dan het die wêreld van kant nie bekendstelling nodig nie. Vir die res van ons by die GGSA Noordtak het dié wêreld met Aletta Penning se praatjie op 13 April oopgegaan. Kantwerk is in die prag en praal era van Koning Louis XIV as ‘n gesogte kommoditeit deur die hele ou Europa gevestig. Voor sy tyd is dit net in Italië en Vlaandere beoefen. Kwaliteitkantwerk was baie werd en is selfs mee gesmokkel. Ontwerptegnieke is geheim gehou en style het geografies ontwikkel. Vir lank was dit net vir die baie welgesteldes beskore. Van dooprokke tot trourokke, onderklere, kouse en flambojante krae – kant het die modewêreld gelei.
 
Aletta is voorsitter van die Pretoria Kantgulde, lid van die Witwatersrandse Gulde en is reeds vir dekades ook lid van die internasionale organisasie vir kantwerk, OIDFA. Sy was by uistek dié persoon om ons meer van kant te vertel en die baie foto’s in haar aanbieding het dit mooi toegelig.
 
Die storie van kant in Suid-Afrika is net so interessant en letterlik en figuurlik in die land se geskiedenis ingeweef. Emily Hobhouse se rol staan sentraal in hierdie verhaal. Kyk gerus na die opname en leer meer van hierdie handwerk wat met soveel toewyding beoefen word.
 
 

Die Diep Afkoms van ‘n Afrikaner

Dr Pieter KRUGERAndré Buys, 10 Februarie 2024
 
Die voordrag het oor André se voorouers vanaf die noue verlede tot en met die oorsprong van die mensdom gehandel. Navorsing oor diepafkoms is ‘n multi-dissiplinêre genealogiese navorsingsmetodologie en sluit onder andere dissiplines soos navorsing in argiewe, geskiedenis, bevolkingsdinamika, genetika en memetika in. ‘n Skyfie van ‘n bevolkingsdinamikamodel van die wêreldbevolking van die hede tot en met die memetiese Adam (die Adam van die Bybel) en verder terug tot by die genetiese Adam – die eerste mens is vertoon. Die Afrikaners is gelukkig dat daar redelik volledige rekords is vanaf die landing van Jan van Riebeeck aan die Kaap. Europese voorouers kan tot en met die vyftiende eeu nagevors word en dan droog bronne op. Voor 1500 tot die jaar 400 is daar net rekords van die adelstand want hulle moes erfreg bewys. Voor 400 is daar legendariese rekords – van die feite is werklike feite en ander feite is legendes.
 
Die geslagsregister in die Bybel is akkuraat want die Jode moes hul Joodsheid bewys. Die datum van die memetiese Adam is ongeveer 1890 v.C. en die datum van die genetiese Adam is 245 760 v.C.
 
Die spreker het ‘n tabel van sy voorouers op ‘n Excelsigblad, opgedeel in Suid-Afrika, Europa, Adelstand, 0 n.C. tot 1400 n.C. en Legendaries, 5 000 v.C. tot 0 n.C. opgestel. In totaal het hy 8 264 stamouers in hierdie lys.
 
Hy het van sy voorouers uitgelig, persone van die adelstand asook ‘n prokonsul in die tyd van Paulus se sendingreise, Sergius Paulus (Handelinge 13:6-12). Deesdae is DNS-toetse van groot hulp. Die spreker se hominide DNS is byvoorbeeld soos volg:  Homo sapiens sapiens, 97.7%, Homo sapiens neanderthalensis, 1.7% en Homo sapiens Denisova, 0.4%.