Skip to main content

GGSA HEADER AFR

Noord-Transvaaltak - Aanbiedings 2021

Een van die voordele van GGSA-lidmaatskap is die geleentheid om 'n maandelikse praatjie deur 'n kundige spreker te kan bywoon. Die Noord-Transvaaltak is bekend vir die gehalte, professionaliteit en relevansie van aanbiedings oor 'n magdom genealogie-verwante onderwerpe. Navigeer na die video, teks en skyfiesstel van die aanbieding. Die onderwerp reflekteer die taalkeuse van die aanbieding. Vir die opsomming van elke praatjie, lees hieronder.
Kliek  vir aflaai
DATUM SPREKER ONDERWERP VIDEO
TEKS SKYFIES  CV 
 2021-10-09  Nina de Caires  Aannemings en die herkomsinterpretasie van die volwasse aangenome kind
 2021-09-11  Mia Rich  Spyse, Psalms en wysies wat die VOC na die Kaap gebring het.
 2021-08-14  Germaine Smith  Genealogical Research: A few tricks to the trade (training)
Session 1 (NAAIRS, basic FamilySearch, Cornel Viljoen spreadsheet & website)
Session 2 (Unindexed records on FamilySearch catalogs)
 2021-07-10  Dr. Liza-Mari Coetzee  Verengelsing aan die Kaap na die Britse bewindsoorname
 2021-06-12  Arnold van Dyk  Kindersterftes in die konsentrasie­kampe tydens die ABO
 2021-05-08  Wendy Cox  Die Argief: 'n Historiese perspektief
 2021-04-10  Jaco Strauss  Kaap-Nederlandse DNS-projek
 --  Vrae en antwoorde
 2021-03-13  Aubrey Springveldt  Ons slawe-voorouers?  
 2021-02-13   Carol Delaney  My 1820 Settlers' Story
AANBIEDINGS VAN VORIGE JARE
 2023  Gauteng-Noordtak - Aanbiedings
 2022  Noord-Transvaaltak - Aanbiedings  
 2021  Noord-Transvaaltak - Aanbiedings 
 2020

Aannemings en die herkomsinterpretasie van die volwasse aangenome kind

Nina de CairesNina de Caires, 09 Oktober 2021
Nina het klem op die streng protokol wat tydens die aannemingsproses gevolg word, gelê.  Sy het die o.a. die wetlike aspekte uitgelig en dit was duidelik dat die kind se belange vooropgestel word.
Met die aanvang van die aannemingsproses word eers na die kind gekyk. Die biologiese ouers kry aandag en ondersteuning en daarna kom die aanneemouers aan die beurt.
Al die partye kry aandag en daar word deeglik na almal se belange omgesien.  Die proses word streng gemonitor. Voor die tyd word aanneemouers besoek en referente word gekontak.  Selfs ‘n mediese verslag word aangevra wat o.a. die HIV-status aandui.
Na die prosesse afgehandel is, moet daar ‘n proses wees indien die biologiese ouers – meesal die ma – na die kind soek.  Die aangenome kind kan ook na haar/sy biologiese ouers soek.  Die Kinderwet het streng vereistes aan wie en wanneer inligting van die aannemingsregister bekend gemaak mag word. Dit is nadat die aangenome kind agtien geword het en dan mag slegs die biologiese ouers, die aanneemkind of die aanneemouers die inligting aanvra.
Die praatjie het nie net die wetlike aspekte uitgelig nie maar dit het ook die goeie werk wat Kinderwelsyn met empatie doen, belig sodat dit tot voordeel van al die betrokke partye strek.

Spyse, Psalms en wysies wat die VOC na die Kaap gebring het

Mia RichMia Rich, 11 September 2021
As skoolkind is haar belangstelling in matrose geprikkel deur die onderwyser se grafiese vertelling van matrose met skeurbuik.
Die Vereenigde Oost Indische Compagnie (VOC, gestig vroeg in die swentiende eeu) was ‘n magtige maatskappy in die tyd toe Nederland op handelsgebied ‘n monopolie gehad het. Die VOC was streng Calvinisties en dit het, onder andere, neerslag gevind in die musiek, gebaseer op die Geneefse Psalter.
Drie dae voordat ‘n skip vertrek het, is op ‘n trom geslaan. Seile is gespan op die maat van musiek. Op die skip is die trom (tabor) vir sekere bevele op die skip gebruik en die baroktrompet vir ander. Die tromspeler moes vaardig wees op ‘n seilskippie wat beweeg, hoewel die trompetpeler dubbel soveel verdien het as die tromspeler. Die matrose moes weet wat die musiek beteken en watter bevele word gegee. Sieketroosters was voorsangers.
Van Riebeeck het groente geplant, daar was beeste asook wyn - ‘n groot verbetering op die dieet van die matrose was wat gepekelde vark, gepekelde vark en gepekelde vark as spyse aan boord gehad het. Musiek vergesel verkenningstogte en in skole is psalmsang deel van die kurrikulum. Daar was ‘n groot verskil tussen die musiek wat in Kaapstad beoefen is en die musiek op die platteland.  Willem Sluiter se liedere was veral bedoel vir die platteland.
Die unieke, insiggewende praatjie is geïllustreer deur toepaslike klankgrepe en foto’s.

Genealogiese navorsing: opleidingsessie

Germaine Smith Germaine Smith, 14 August 2021
Germaine was gaaf genoeg om van die dokumente, ter voorbereiding, vooraf beskikbaar te stel en via Niki ‘n  Dropbox skakel gestuur waar dit afgelaai kon word.
Die praatjie is begin deur ‘n inleiding tot NAAIRS (National Automated Archival Information Retrieval System) en daarna is ‘n soektog gedoen op Family Search, die webwerf van ‘’The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints (LDS)’’.
Sy het die soektog gedoen met die naam John Smith wat ‘n baie algemene naam is en aan die hand van die soektog wenke gegee soos ‘’less is more’’ by die intik van soekterme.
Sy het ‘’probate records’’ gaan soek en verduidelik wat ikone beteken soos die vergrootglas asook hoe om te kopieer na jou eie rekords.
Sy het baie praktiese wenke gegee bv. van hoe om ‘n oorspronklike dokument te vind tussen al die baie wat daar is.
Sy het na vraetyd voortgegaan en o.a. terminologie verduidelik soos die verskil tussen ‘’civil death’’ en ‘’death notice’’.
Sy het ook ‘n soektog gedoen na inligting wat nog nie ge-indekseer is nie en hoe mens desnieteenstaande inligting kan vind.
Daarna het sy van die lede, wat versoeke gehad het, gehelp om inligting te soek en te vind.
Na twee ure is die vergadering be-eindig.  Die groot aantal lede wat dit bygewoon het en dat die oorgrote meerderheid vir meer as twee ure voor hul rekenaars bly sit het, spreek van die gewildheid van die aanbieding.

Verengelsing aan die Kaap na die Britse bewindsoorname

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Dr. Liza-Mari Oberholzer, 10 Julie 2021
Drie families is uitgelig en daar is in detail oor elkeen gepraat.
Daar is op verskillende wyses verengels na die Bataafse tydperk aan die Kaap wat aan die einde van 1806 tot ‘n einde gekom het.  Aanvanklik was daar min assimilasie tussen die twee taalgroepe voor 1920 maar soos die tyd aangestap het, het die groepe al hoe meer sosiaal verkeer.
Die voorvader van die Van Reenens was met sy dood ‘n welgestelde man en sy oudste dogter trou met ‘n ene Baumgardt en hulle beweeg in Engelse sosiale kringe waar sy gewild was onder veral Britse offisiere. Dit het hulle toegang verleen tot die Britse elite aan die Kaap. Hulle kinders het verengels  en die een seun was bv. ongeveer 40 jaar in die Britse Vloot.
Die Cloetes se voorvader was baie arm en toe sy vrou oorlede is, was die kinders nog klein en drie van hulle is in pleegsorg geplaas.  Een van die seuns, Henrik (Hendrik) het later Groot Constantia gekoop. Hy word lid van die burgersenaat en sy sy kinders is later Engeland toe.  Henry (oorspronklik Hendrik) is deur Sir George Napier Natal toe gestuur om met die anneksasie behulpsaam te wees. Sir Abraham Josias Cloete het aan ‘n Britse Militêre Kollege studeer.
Die Truter stamvader was hooftuinier aan die Kaap. Sy kleinseun was later Sir John (Johannes) Andries Truter. Hy was die sekretaris van Justisie en ‘n prominente Vrymesselaar.  Hy het van die Engelse elite, wat Vrymesselaars was, genooi om by die losie waaraan hy behoort het, aan te sluit. Hy word tot ridder geslaan en van sy niggies trou met prominente Britte soos een van hulle met die Britse skrywer, John Barrow.
Dit was ‘n interessante, gedetaillerde voordrag.  

Kindersterftes in die konsentrasiekampe tydens die ABO

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Dr. Arnold van Dyk, 12 Junie, 2021
The rhetorical question, "When is a war not a war?" was answered with "When it is carried on by methods of barbarism in South Africa." [Sir Henry Campbell-Bannerman (Liberale Party) in die Engelse Parlement Junie 1901 nadat Emily Hobhouse haar bevindinge bekend gemaak het.]
Uit suiwer mediese oogpunt is daar tot onlangs min navorsing gedoen oor kindersterftes gedurende die ABO in konsentrasiekampe.
Die sterftes is met grafieke geïllustreer en hieruit blyk dit duidelik dat masels en die komplikasies (soos longontsteking) wat masels ten gevolg gehad het, die oorsaak van sowat 65-75% van sterftes was.
Daar is ook verwys na die Britse politieke siening soos blyk uit die briewe van Lord Milner.
Oorsake van die masels-epidemie is bespreek asook die swak bestuur van kampe soos dat geïnfekteerde mense geskuif is na kampe waar geen infeksies was nie, soos van Kroonstad na Heilbron.  Daar was bv. slegs een geneesheer vir sowat 2000 mense wat in die kampe was.
Die wonderlike werk deur Emily Hobhouse en later die Dameskomitee wat tot stand gekom het na Emily Hobhouse se onthullings oor die kampe, het gelei na ‘n verbetering in die toestande.
Na die praatjie kon vrae gestel word.

Die Argief: 'n Historiese perspektief

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Wendy Cox.  08 Mei, 2021
Wendy het ‘n pragtig gestruktereerde aanbieding gegee oor die ontstaan en ontwikkeling van argiewe.
Die begrippe wat verband hou met die argief milieu is uiteengesit, soos die definisie, die taak van die argivaris asook rol van die instansie.
Hoofgebeurtenisse in die ontstaan van rekords wat begin by die Sumeriërs, daarna Antieke Egipte, die Grieke, Romeine, die Middeleeue, die kerk tot en met die Franse Revolusie is uitgelig en sommige van die tydperke is met voorbeelde geïllustreer.
Timboektoe is kortliks bespreek as ‘n belangrike reservoir van kennis in Afrika waar in verskeie tale, in Arabiese skrif, argivale dokumente bewaar is.
Die gevolge van vernietiging van dokumente tydens en na die Franse Revolusie is aangeraak asook die rol van Napoleon en die bydrae van Nederlanders tot die behoud van dokumente van veral die VOC wat vir SA belangrik is.
Die brand by die Universiteit van Kaapstad, en die stille vuur van verwaarlosing is aangespreek.  Wendy het die belangrikheid van die projek, Toekomsfiks/FutureFit benadruk.
Dit was ‘n wekroep aan al die lede van die GGSA – wees bewus van wat aangaan en help om te bewaar.

Kaaps-Hollandse DNS projek

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Jaco Strauss  10 April, 2021
Jaco se belangstelling is aangewakker toe hy begin het om sy eie stamboom na te vors (soos ons almal seker ook).
Hy het daarna verder gegaan en hom toegespits op DNS en tans administreer hy die Kaaps-Hollandse groep met die fokus op die periode 1652 – 1806.
Hy het die verskillende Haplogroepe verduidelik wat met letters van die alfabet voorgestel word, in ‘n tabel wat wys hoe mans met spesifieke vanne bymekaar pas na aanleiding van hul Haplogroepe, en vrouens se DNS moederlyne hul papierspoor na die direkte voormoeder bevestig.
Jaco spits hom toe op die direkte vader- en moederlyntoetse (YDNA en MtDNA) en het interessante verhaaltjies vertel van aangenome en selfs buite-egtelike kinders waarvan die feite destyds verswyg is, en die verwantskappe aan die lig gekom het na DNS toetse gedoen is.
Interessant is die verhaal van die ‘’droster’’ wat sy van verander het en dit het ongesiens verbygegaan totdat ‘n familielid ‘n DNS toets laat doen het, en die familie-oorlewering as waar bewys is toe sy DNS bewys het hy pas wel by ander getoetste mans wat sy geboortevan dra in.
Dit was ‘n interessante en insiggewende praatjie deur ‘n persoon wat ‘n passie en liefde het vir wat hy doen.
Dat die lede wat na die praatjie geluister het, baie belanggestel het in die onderwerp, het duidelik na vore gekom tydens die vraesessie.  Dit het so lank soos die praatjie geduur! 

Ons slawe-voorouers?

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Aubrey Springveldt, 13 Maart 2021
Die vraagteken kan ontkenning beteken maar eintlik is dit ‘n uitdaging aan alle Suid-Afrikaners om in hulle verlede te delf en baie sal ontdek dat daar ‘n slawe-voorouer in die geslagsregister is.
Die interessante aanbieding het die dikwels vergete tragiek van slawe duidelik uitgebeeld asook hulle pyn en marginalisering.
Hy het, aan die hand van voorbeelde, geïllustreer hoe die slawe deel van ons voorouers geword het. Daar is veral slawe vrouens uit Asië ingevoer.
Van die blanke slawe-eienaars het kinders by hul slawe verwek en die van die kinders is in die eienaar se huishouding opgeneem, veral as die kind Europees gelyk het. Daar is ook met van die vrygestelde slawe vrouens getrou.
‘n Interessante gevalle studie is die een van Carolina Charlotte Weber waaroor Aubrey deeglike navorsing gedoen het.
Hy het die gedig van Diane Ferus: Ons kom vandaan, ‘n hartseer gedig oor ons slawe voorouers, pragtig voorgedra.
Hierdie praatjie is baie goed ontvang en heelwat vrae is tydens vraetyd gestel.

My 1820 Settler's Story

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Carol Delaney, 13 Februarie 202
Carol Delaney het haar voorouers, James en Rebecca Randal, nagevors wat deel was van die 1820 Britse Setlaars.
Daar was teenkanting teen die verhuising na Suid-Afrika maar daar is ‘n inligtingstuk versprei wat die voordele van verhuising uiteengesit het.
In die lig van toestande in Engeland kan mens verstaan dat mense die kans na ‘n nuwe, beter lewe aangegryp het.  Die kerk in Westbury, Witshire, het gehelp om die Setlaars se passaat te betaal.
James en Rebecca Randal het gedurende Januarie vanuit Portsmouth vertrek aan boord die HM Store Ship Weymouth. Die Setlaars het na vyf maande op see voet aan wal gesit. Hulle kon nie dink wat op hulle wag nie.
‘n Interessante stukkie inligting was dat Rebecca se pa haar ‘n roos saamgegee het en sy het dit in haar nuwe tuiste geplant. Die Setlaars het heelwat roosplante saamgebring en later jare is moeite gedoen om ‘n roostuin aan te lê met van die ou rose wat in tuine en selfs in begraafplase gevind is.