Kaaps-Hollandse DNS projek

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Jaco Strauss  10 April, 2021
Jaco se belangstelling is aangewakker toe hy begin het om sy eie stamboom na te vors (soos ons almal seker ook).
Hy het daarna verder gegaan en hom toegespits op DNS en tans administreer hy die Kaaps-Hollandse groep met die fokus op die periode 1652 – 1806.
Hy het die verskillende Haplogroepe verduidelik wat met letters van die alfabet voorgestel word, in ‘n tabel wat wys hoe mans met spesifieke vanne bymekaar pas na aanleiding van hul Haplogroepe, en vrouens se DNS moederlyne hul papierspoor na die direkte voormoeder bevestig.
Jaco spits hom toe op die direkte vader- en moederlyntoetse (YDNA en MtDNA) en het interessante verhaaltjies vertel van aangenome en selfs buite-egtelike kinders waarvan die feite destyds verswyg is, en die verwantskappe aan die lig gekom het na DNS toetse gedoen is.
Interessant is die verhaal van die ‘’droster’’ wat sy van verander het en dit het ongesiens verbygegaan totdat ‘n familielid ‘n DNS toets laat doen het, en die familie-oorlewering as waar bewys is toe sy DNS bewys het hy pas wel by ander getoetste mans wat sy geboortevan dra in.
Dit was ‘n interessante en insiggewende praatjie deur ‘n persoon wat ‘n passie en liefde het vir wat hy doen.
Dat die lede wat na die praatjie geluister het, baie belanggestel het in die onderwerp, het duidelik na vore gekom tydens die vraesessie.  Dit het so lank soos die praatjie geduur!