Kindersterftes in die konsentrasiekampe tydens die ABO

DELANEY Carol PHOTO 2021 02 13Dr. Arnold van Dyk, 12 Junie, 2021
The rhetorical question, "When is a war not a war?" was answered with "When it is carried on by methods of barbarism in South Africa." [Sir Henry Campbell-Bannerman (Liberale Party) in die Engelse Parlement Junie 1901 nadat Emily Hobhouse haar bevindinge bekend gemaak het.]
Uit suiwer mediese oogpunt is daar tot onlangs min navorsing gedoen oor kindersterftes gedurende die ABO in konsentrasiekampe.
Die sterftes is met grafieke geïllustreer en hieruit blyk dit duidelik dat masels en die komplikasies (soos longontsteking) wat masels ten gevolg gehad het, die oorsaak van sowat 65-75% van sterftes was.
Daar is ook verwys na die Britse politieke siening soos blyk uit die briewe van Lord Milner.
Oorsake van die masels-epidemie is bespreek asook die swak bestuur van kampe soos dat geïnfekteerde mense geskuif is na kampe waar geen infeksies was nie, soos van Kroonstad na Heilbron.  Daar was bv. slegs een geneesheer vir sowat 2000 mense wat in die kampe was.
Die wonderlike werk deur Emily Hobhouse en later die Dameskomitee wat tot stand gekom het na Emily Hobhouse se onthullings oor die kampe, het gelei na ‘n verbetering in die toestande.
Na die praatjie kon vrae gestel word.