Die Truter stamvader was hooftuinier aan die Kaap. Sy kleinseun was later Sir John (Johannes) Andries Truter. Hy was die sekretaris van Justisie en ‘n prominente Vrymesselaar. Hy het van die Engelse elite, wat Vrymesselaars was, genooi om by die losie waaraan hy behoort het, aan te sluit. Hy word tot ridder geslaan en van sy niggies trou met prominente Britte soos een van hulle met die Britse skrywer, John Barrow.
Dit was ‘n interessante, gedetaillerde voordrag.