Genealogiese navorsing: opleidingsessie

Germaine Smith Germaine Smith, 14 August 2021
Germaine was gaaf genoeg om van die dokumente, ter voorbereiding, vooraf beskikbaar te stel en via Niki ‘n  Dropbox skakel gestuur waar dit afgelaai kon word.
Die praatjie is begin deur ‘n inleiding tot NAAIRS (National Automated Archival Information Retrieval System) en daarna is ‘n soektog gedoen op Family Search, die webwerf van ‘’The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints (LDS)’’.
Sy het die soektog gedoen met die naam John Smith wat ‘n baie algemene naam is en aan die hand van die soektog wenke gegee soos ‘’less is more’’ by die intik van soekterme.
Sy het ‘’probate records’’ gaan soek en verduidelik wat ikone beteken soos die vergrootglas asook hoe om te kopieer na jou eie rekords.
Sy het baie praktiese wenke gegee bv. van hoe om ‘n oorspronklike dokument te vind tussen al die baie wat daar is.
Sy het na vraetyd voortgegaan en o.a. terminologie verduidelik soos die verskil tussen ‘’civil death’’ en ‘’death notice’’.
Sy het ook ‘n soektog gedoen na inligting wat nog nie ge-indekseer is nie en hoe mens desnieteenstaande inligting kan vind.
Daarna het sy van die lede, wat versoeke gehad het, gehelp om inligting te soek en te vind.
Na twee ure is die vergadering be-eindig.  Die groot aantal lede wat dit bygewoon het en dat die oorgrote meerderheid vir meer as twee ure voor hul rekenaars bly sit het, spreek van die gewildheid van die aanbieding.