Van Riebeeck het groente geplant, daar was beeste asook wyn - ‘n groot verbetering op die dieet van die matrose was wat gepekelde vark, gepekelde vark en gepekelde vark as spyse aan boord gehad het. Musiek vergesel verkenningstogte en in skole is psalmsang deel van die kurrikulum. Daar was ‘n groot verskil tussen die musiek wat in Kaapstad beoefen is en die musiek op die platteland. Willem Sluiter se liedere was veral bedoel vir die platteland.
Die unieke, insiggewende praatjie is geïllustreer deur toepaslike klankgrepe en foto’s.