Aannemings en die herkomsinterpretasie van die volwasse aangenome kind

Nina de CairesNina de Caires, 09 Oktober 2021
Nina het klem op die streng protokol wat tydens die aannemingsproses gevolg word, gelê.  Sy het die o.a. die wetlike aspekte uitgelig en dit was duidelik dat die kind se belange vooropgestel word.
Met die aanvang van die aannemingsproses word eers na die kind gekyk. Die biologiese ouers kry aandag en ondersteuning en daarna kom die aanneemouers aan die beurt.
Al die partye kry aandag en daar word deeglik na almal se belange omgesien.  Die proses word streng gemonitor. Voor die tyd word aanneemouers besoek en referente word gekontak.  Selfs ‘n mediese verslag word aangevra wat o.a. die HIV-status aandui.
Na die prosesse afgehandel is, moet daar ‘n proses wees indien die biologiese ouers – meesal die ma – na die kind soek.  Die aangenome kind kan ook na haar/sy biologiese ouers soek.  Die Kinderwet het streng vereistes aan wie en wanneer inligting van die aannemingsregister bekend gemaak mag word. Dit is nadat die aangenome kind agtien geword het en dan mag slegs die biologiese ouers, die aanneemkind of die aanneemouers die inligting aanvra.
Die praatjie het nie net die wetlike aspekte uitgelig nie maar dit het ook die goeie werk wat Kinderwelsyn met empatie doen, belig sodat dit tot voordeel van al die betrokke partye strek.