Johan het geïnteresseerd geraak in Nedelandse naamgewing met die opstel van sy kwartierstaat – hy is met ‘n Nederlander getroud.
Nederland was tussen drie moondhede vasgekeer en dit het naamgewing beïnvloed.
Nederland was ‘n Germaanse land en die Hervorming het in 1340 in Nederland begin en Calvyn het die grootste invloed gehad. Dit het ook ‘n invloed op naamgeewing gehad.
Aanvanklik was name roepname en die grondslag van die roepname was onder andere eer, roem en grondbesit. Later is name uit die Nuwe Testament gebruik en later ook uit die Ou Testament. Later is heiliges ook vernoem (Rooms Katolieke Kerk). Die venoeming van grootouers en ouers het later in gebruik gekom. Die verskil tussen Rooms Katolieke naamgewing en Protestantse naamgewing is uitgelig. So om en by met die koms van die Nederlanders na Suid-Afrika is daar riglyne vir die byhou van ‘n doopregister opgestel.
Mense wat na Suid-Afrika gekom het, het vanne gehad omdat die VOC agtername (vanne) benodig het vir die salarisrol. In 1811 is ‘n dekreet uitgevaardig dat alle Nederlanders ‘n familienaam moet hê.
Hy bespreek die agtergrond van naamgewing wat ons in SA ‘’snaaks’’ vind, soos Hoenderdos – beteken mens is kleurvol aangetrek soos ‘n hoender.
Die praatjie is ryklik geïllustreer met foto’s en skyfies.