Skip to main content

GGSA HEADER AFR

Ons ikoniese ossewaens

HOLM Erik Photo 2022 08 13Erik Holm, 13 Augustus 2022
Erik Holm het ons na ‘n vervloë era van ossewaens, trekkerlewe en transportry teruggeneem.
Hy vertel waar sy belangstelling in ossewaens begin het en dat dit die welvarendes met hul ‘’aanhang’’ – soos bywoners – was wat getrek het.
‘n Wa is met sterk balke gebou; die langwa kon met ses penne uitmekaar gehaal word sodat dit op osse gelaai kon word om dit te vervoer.
Goedkoop staal is na 1860 vanuit Engeland ingevoer en dit is gebruik om ossewaens te bou. In Birmingham is dryfasse vir die bou van ossewaens deur meer as een maatskappy, soos Rigby en Sons gemaak. 
HOLM Die ossewa en sy spore Boek 2022 08 13Die wa was jou beste besitting en daarom is dit pragtig beskilder en gereeld opgeknap.
Waens is as forte soos in Natal gebruik.  Dit was ‘n suksesvolle strategie en waar die strategie nie gebruik is nie, soos Weenen en Bloukrans, was die gevolge tragies.
Osse kan onderrig word.   Hulle het hul name geken en daarop gereageer. Hulle is ingespan volgens temperament en vermoë – die voorosse was slim en die agterosse sterk.
Die ossewa het neerslag in die Afrikaanse en ook Afrikakultuur gevind.  Tot die ANC en Cosatu het ‘n ossewawiel in hul embleme.
Daar is baie liedjies (Byeboerwa), spreekwoorde (agteros kom ook in die kraal), raaisels en idiome met die ossewa as tema wat vandag in Afrikaans voortleef.
Na die praatjie is vrae gevra en een van die interessante brokkies wat hier vertel is, is dat Paul Kruger  drie tolpaaie in die ZAR opgerig het!