Daar is baie liedjies (Byeboerwa), spreekwoorde (agteros kom ook in die kraal), raaisels en idiome met die ossewa as tema wat vandag in Afrikaans voortleef.
Na die praatjie is vrae gevra en een van die interessante brokkies wat hier vertel is, is dat Paul Kruger drie tolpaaie in die ZAR opgerig het!