Mikrotydlyne: Wilhelm Bernhardt, Saterdag 11 Junie, 2022
Wilhelm het aan die hand van sy eie navorsing aangedui hoe ‘n navorser, wat in ‘n doodloopstraat beland, met behulp van tydlyne, ‘n soektog weer kan laat vlot. Gebruik verskillende dimensies soos chronologie, geografie (plekke, kaarte), sosiaal (troues, geboortes, sterftes) ekonomie (beroep, status, depressie) en politiek (party-affiliasie, kieserslyste).
Hy het sy resultate van sy soektog na een tak van sy familiegeskiedenis wat hy op Excel gedoen het, gewys. Die voorstelle kan mens prakties op mens se eie soektog toepas.
DNS: Annemarie Dreyer, Saterdag 11 Junie, 2022
"Breaking down your genealogy brick wall by using DNA results"
Annemarie waarsku dat DNS nie ‘n kortpaadjie is tot die vind van oplossings van ontbrekende inligting om jou stamboom te voltooi nie, maar dat heelwat werk nodig is sodra jy jou resultate ontvang. Sy lig verskillende instansies wat DNS toets, toe, soos Ancestry, MyHeritage, FamilyTree DNA en LivingDNA. Dit is ook raadsaam om te onthou dat niemand ‘n eiland is nie en mense is met mekaar verbind, daarom kan jou resultate gebruik word om onbekendes in jou navorsing op te klaar.
Sy het praktiese wenke gegee oor hoe mens te werk kan gaan met die inligting om jou soektog na familie uit te brei deur jou DNS resultate en genetiese pasmaats se stambome te gebruik.