Skip to main content

GGSA HEADER AFR

Van Humpata tot Upingtonia

Nicol StassenNicol Stassen, Saterdag 14 Mei, 2022
Gedurende die laat negentiende eeu het verskeie georganiseerde trekke Transvaal verlaat. Die eerste van hierdie trekke het die ZAR in Mei 1874 tot in 1877 verlaat. Die meeste was Doppers (lidmate van die Gereformeerde Kerk); sowat 95% was lidmate van vyf gemeentes. Daar was min lidmate van die Hervormde en Nederduits Gereformeerde Kerk wat getrek het. Nadat die eerste drie trekke hulle verenig het, het hulle, na bykans sewe jaar van baie swaarkry en mense wat gesterf het langs die pad, hulle in Januarie 1881 by Humpata op die Huíla-hoogland in die Portugese kolonie Angola gevestig.
In 1928 het ekonomiese omstandighede dermate versleg dat ongeveer 2 000 Angola-Boere na Suidwes-Afrika gerepatrieer is terwyl 380–470 persone in Angola agtergebly het.
Om wettig te trou was ‘n groot probleem.  Om in die Rooms Katolieke Kerk te trou, was baie omslagtig met baie vereistes, byvoorbeeld die voorlê van sertifikate, soos geboortesertifikate van ouers.  Huwelike ingesweer in Afrikaanse kerke was onwettig. 
Met die hulp van William Worthington Jordan is grond van die Ovambo opperhoof in Duits Wes Afrika gekoop en het boere hier plase gekry – daar moes ‘n fontein op ‘n plaas wees.  Die Republiek van Upingtonia is uitgeroep.
William Worthinton was ‘n besondere bruinman – hoogs intelligent, met ‘n goeie mediese kennis, en die Boere het hom vertrou.
Mettertyd het die meeste van die boere teruggetrek na die Unie toe met ekonomiese redes die belangrikste.
Na die praatjie is vrae gevra soos – hoe het hulle geweet waarheen om te trek?  Daar was tog nog nie kaarte nie?
‘n Deeglik-nagevorste praatjie wat langer kon aanhou. Nicol Stassen is dié kenner in SA op  die Dorslandtrek.