Sy oupa het stories vertel terwyl hulle op die stoep besig was met voorbereiding van groente. Oupa was ‘n Kaapse rebel (ABO) en hy is twee keer gevang. Die tweede keer het hy as Kaapse rebel die doodstraf gekry, is later begenadig en hy moes lewenslank sit. Hy was op die ou end drie jaar in die tronk.
Gerrit neem ons op ‘n interessante onthoupaadjie en daar is toepaslike foto’s ter illustrasie.