Gauteng-Noordtak - Biblioteek

Boeke rekenaarDie Gauteng-Noordse tak het uitstekende genealogiese bronne wat by die Erfenisstigting se Biblioteek in Pretoria gehou word. Die Gauteng-Noordtak en die Erfenisstigting het 'n ooreenkoms waarvolgens die stigting en die tak saamwerk om bronne vir genealogiese navorsing beskikbaar te stel.
Gauteng-Noordtak se versameling bevat boeke en tydskrifte in elektroniese sowel as gepubliseerde formaat. Hierdie gegewens handel oor Suid-Afrikaanse sowel as internasionale geslagsregisters, die 1820 Britse Setlaars en die koms van die Franse Hugenote, die Duitse sendelinge, Nederlandse immigrante, die Anglo-Boereoorlog en die Britse konsentrasiekampe. 'n Spesiale poging word aangewend om gesinsregisters en stamboeke van individuele gesinne te versamel en beskikbaar te stel.
NTVL LibraryDie Biblioteek is in besit van sowel die SA Geslagsregisters (SAG) as die nuwer SA Familieregisters (SAF). Biografieë, 'n aantal doop-, huweliks- en lidmaatregisters is in die biblioteek beskikbaar, sowel as registers van verskillende begraafplase en die GGSA-begraafplaasopnameprojek.
Tye
Die biblioteek is oop vir genealogiese navorsing op Dinsdae, Woensdae, Donderdae en Vrydae van 10.00 tot 15.00 en op sommige Saterdae (sien Nuusblad vir die jongste reëlings). Vrywilligers sal op hierdie dae beskikbaar wees om navorsers by te staan. Stuur  asseblief die GGSA-bibliotekaris (Lynne) 'n Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om tye en beskikbaarheid te bevestig.
Erfenisstigting Telefoonnommer 012-325-7885 x2234.
Toegang en fooie
Meld aan by die ingangshek van die Voortrekkermonument (VTM), neem ‘n kaartjie en beweeg op na die hoof parkeerterrein na die Ontvangs / Inligtingsentrum, reg onder die Afrikander Handelshuis, aan die voet van die VTM. Betaal die ingangsfooi van R20 laat jou hek-kaartjie stempel sodat jy weer daarmee kan uitgaan.
Biblioteeklys
Die biblioteeklys word gereeld opgedateer, so maak seker dat jy nou en dan 'n nuwe weergawe aflaai om voordeel te trek uit nuwe boeke wat bygevoeg word.
Die biblioteeklys is beskikbaar in twee formate, PDF en Excel (die inhoud is dieselfde):

Library photo


  • Hits: 1124