Ons Engelse voorsate

Sam BaschSam Basch, 12 November 2022
Julle onthou hoe ons voorouers van “Die Engelse Oorlog” gepraat het, verwysend na die Anglo-Boereoorlog. Vir hulle was almal “Engelse”, ongeag die Skotte, Walliesers en Iere, benewens Engelse, wat betrokke was.  Sam het kortliks oor 2000 jaar teruggekyk om te sien waar hierdie “Engelse” vandaan kom – en ook hul taal se herkoms.
Sam het oor die mense, waarna ons voorouers (tydens die ABO) as Engelse verwys het, gepraat wat eintlik ook Skotte, Iere en Walliesers ingesluit het. Hy het kortliks oor 2000 jaar teruggekyk om aan te dui waar hulle vandaan kom. 
As mens verder in die geskiedenis teruggaan, kan mens sien dat die oermense en toe die Keltiese stamme aanvanklik in Brittanje gewoon het voordat die Romeine gekom het.  Nadat die Romeine na 400 jaar onttrek het, was daar reeds mense van Noord-Duitsland in Brittanje en daarna is daar migrasie deur Jutes, Angles, Saxons, Frisians (Jutlanders, Angelle, Sakse, Friese) vanaf Europa na Brittanje en dit het die oorpronklike bevolking na o.a. Wallis en Cornwall uitgedryf. Nog later kom die Wikinge vanaf die agtste eeu.
Woorde wat vandag nog in die Engelse taal voorkom, kan na die migrante teruggevoer word.  In 1066 was die Slag van Hastings en die oorwinning van die Normandiër Willem die Veroweraar en dit beëindig die heerskappy van die Angel-Saksers.  Dit het ‘n groot invloed op die lewenswyse van die inheemse bevolking gehad.