Om die spoor te vat

Alta Du BuissonAlta Du Buisson Roux, 13 November 2021
Alta het verduidelik hoe argivale bronne mens kan help om meer oor die lewe van ’n onbelangrike, brandarm bywonergesin te wete te kom.
Alta se oupa is oorlede toe sy vyf jaar oud was en van haar oupagrootjie het sy niks geweet nie. Hoe vind mens meer uit?
Sy het van die argiewe in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad asook van sterfkennisse, begraafplase en doopregisters gebruik gemaak.  Haar kleinood was ‘n ou familiefoto-album.
Met haar soektog bou sy ‘n beeld op van ‘n man wat, soos baie ander destyds, moes boer al was hy in wese nie ‘n boer nie.  Hy het baie rondgetrek, speel bankrot, verlaat die Riversdalomgewing, duik in verskillende plekke in die Vrystaat op.  Dit sien mens as die doopregisters nagegaan word en dit blyk dat hy nie lank op een plek gebly het nie.
Nege kinders is in nege gemeentes in die OVS gedoop.
Hy beland in Ermelo, is ongewild omdat hy pro-Engels was en gaan woon dan hy by sy dogter in Schweizer-Reneke. In 1914 sterf hy aan akute bronchitis en kom ‘n lewe van ‘n brandarm, sukkelende bywoner ten einde.