'n Bietjie geluk op die pad

Alta JamisonAlta Jamison, 13 November 2021
Die praatjie het oor ongewone bronne  gehandel en Alta het vertel hoe die bronne haar gehelp het om inligting te vind.  Bronne soos Omgewingsimpakevaluering [Environmental Impact Assessments (EIAs)] is bespreek. Dit verskyn in die vorm van ‘n verslag wat vir die publiek beskikbaar is. In die verslag kan die genealoog inligting soos ligging en topografie asook argeologiese en historiese impakstudies (grafte, geboue) vind.
Die argeoloog kan na die ligging van ‘n plaas, huis of ‘n graf soek. Sy gee die voorbeeld van ‘n verslag oor ‘n plaas in die Rustenburgomgewing wat baie inligting asook foto’s van ‘n plaashuis en grafte bevat. Die Tickey Draai EIMS voorbeeld is beskikbaar deur te klik onder Teks.
Alta het in haar soektog het sy op juweeltjies (golden nuggets) afgekom wat haar navorsing verryk en aangevul het. Sy gee wenke oor watter bronne beskikbaar is, soos www.sahra.org.za en die Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye en die Departement van Mynwese en Energie.