Skip to main content

GGSA HEADER AFR

Viking Geskiedenis. 'n Soektog na Deense voorouers in Europa

Dr Pieter KRUGERPierre Dietrichsen, 9 September 2023

Die plundering, invalle en besettings deur die Vikings in Europa en verder het hoofsaaklik van die negende tot die elfde eeu plaasgevind. Die term Viking is vir die eerste keer in 793 n.C. gebruik. Hulle was bedrewe seevaarders en het o.a. in die streke Bretagne en Normandië (Frankryk) met die inwoners geïntegreer en later van die landstreke regeer.

Die van Dietrichsen is deur die Vikings en latere Deense migrasie na verskeie streke en lande ingedra. Die van het versprei via Noorweë na Boston en die noordooste van die VSA (New York en Connecticut), en ook na Engeland.  Daar is vandag nog mense met die van in Skotland. Dit kom min in Duitsland voor. 

Die spreker soektog het hom geneem na ‘n konferensie In Rouen van ‘n Franse kulturele vereniging, Les Normands de Paris wat o.a. navorsing doen oor die Vikings in Frankryk. In Denemarke het hy sewe persone opgespoor met die familiename Gert Johannes Pieter.  Pogings om kontak te maak in die jare tagtig was grootliks onsuksesvol.

Pieter Dietrichsen sit voet aan wal by die Kaap in 1783. Sy nageslag neem deel aan die Groot Trek. Die spreker se oupagrootjie het in Standerton gebly, waar sy oupa ook gebore is.

Vraetyd het heelwat interessante bydraes gelewer.