Treinvernielers

Tian SchutteDr. Tian Schutte,  12 Febuarie 2022
Tian het oor die guerillastryd gedurende die Anglo-Boereoorlog gepraat.
In die negentigerjare van die negentiende eeu het die ZAR begin om ‘n spoorlyn Mosambiek toe aan te lê met baie hulp van die Portugese.  
Dit het gelyk asof die Egelse gewag het vir die spoorlyn om klaar gebou te word voordat hulle met die oorlog begin het want vir ‘n oorlog is mobiliteit baie belangrik – vir die vervoer van troepe, die aanry van kos, asook van perde.  Treine het hierin ‘n groot rol gespeel.
Van die foto’s wys trokke vol blikkieskos (‘’boeliebief”) en steenkool uit Engeland asook voer vir die Treinvernielers Dr T Schutteperde (veral vanuit Suid-Amerika wat die saad vir kakiebos en kosmos in SA versprei het).  Een foto wys skeepskanonne wat na die binneland gebring word.
Die praatjie is met foto’s van opgeblaasde treine – lokomotiewe en trokke – spoorlyne en brûe toegelig. Van die boere watop die myne gewerk het, kon met dinamiet werk. In Colenso was die brug so te sê vernietig en het die Engelse ‘n tydelike struktuur as brug opgerig.
Van die buitelanders wat die Boere gehelp het, was Italianers en een was ‘n Skot, Jack Hindon. In Hindon se korps was daar Hollanders, Duitsers en moontlik ook Swede.
Later het die Engelse die plase afgebrand waar brûe opgeblaas is.
Die praatjie was baie interessant en insiggewend en deeglik nagevors.
'n Graf in die Gras
Peet Coetzee Peet Coetzee, 12 February 2022
Daarna het Peet Coetzee (mede-outeur van die boek Treinvernielers) kortliks van die dood van veggenl.
H R Lemmer in ’n praatjie getitel ‘n Graf in die gras vertel.
Hy het die drie dae voor Lemmer dood toegelig, geïllustreer met ‘n kaart en ‘n foto van die graf − net klippe in die veld.
Daar word beplan om ‘n gedenkteken vir Lemmer op te rig.