Nuwe Transvaal-kolonie

BASCH Nuwe ZAR Media 2021 05 16 FotoSam J Basch 2021-05-16 - Rapport Weekliks
Aan die anderkant van die wêreld – in Chili – was eens die ‘Colonia Nueva Transvaal’ waar 'n aantal 'Boere' meer as 'n eeu gelede hervestig is. Hoe het dit gekom?
Tydens my dienstermyn as diplomaat in Chili in die Tagtigs het ek nasate van Nederlanders ontmoet wat vroeër in diens van die Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij (NZASM) in President Paul Kruger se Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) was. Met die val van Pretoria in Junie 1900 is hierdie amptenare terstond na Europa gerepatrieer.
In ‘n poging om die suide van Chili te bevolk, het daardie regering het in 1903, Europiërs gelok. Só het die oud-NZASM-Nederlanders ‘n nuwe heenkome gevind, aanvanklik as sogenaamde ‘Boere’ of ‘boere’ wat hulle inderdaad nie was nie. Hoewel hulle elk ‘n stuk grond by die dorpie Gorbea ontvang het, asook implemente, vee en ‘n geldelike toegif, het heelwat van hulle sommer gou ‘n nuwe lewe in ander bedrywe begin.
My artikel in Rapport-Weekliks vertel meer oor die lewe in die vreemde van gesinne met bekende familiename, soos De Groot, Dommisse, Keuter, Van Dijk, en andere.