Kwartierstaat - Uitdaging

Die “Kwartierstaat”/ ”Voorgeslagstaat” tesame met 'n 'Ahnentafel'-verslag is geskikte formate om gesinslyn en geskiedenis te dokumenteer, en is beskikbaar in die meeste genealogiese sagtewarepakkette, soos Legacy, MyHeritage en RootsMagic.  Hieronder is 'n verduideliking van die Konsepte, Voorbeelde (wat ook saam met 'n leë stel MSWord-vorms afgelaai kan word) en 'n oulike Beplanningshulpmiddel.
Terwyl ons lede van die Noord-Transvaaltak uitgenooi het om hul kwartierstaat in te dien, brei ons nou uit op GGSA se Kwartierstaatprojek met 'n uitdaging aan alle ander lede van die genootskap en genealogiese navorsers.
Hierdie projek het ten doel om soveel moontlik data van Suid-Afrikaanse gesinne te dokumenteer, onderling te deel en te bewaar. Op hierdie manier sal die huidige Suid-Afrikaanse Familieregister (SAF) ook opgedateer word.
Kies om deel te neem - dit is heeltemal vrywillig.
  • Data sal vertroulik binne die genealogie-gemeenskap hanteer word
  • Deelname is nie beperk tot GGSA-lede nie. Stuur dit aan jou vriende en kennisse
  • Kies enige persoon #1 (jouself, 'n voorouer, wie ookal) vir jou kwartierstaat
  • Dokumenteer ten minste vyf generasies (31 individue) of meer

(Uitbreidings en aanvullings kan steeds later ingedien word)

Formate wat aanvaarbaar is : MS Word-dokument, MS Excel-lêer, PDF-dokument

  • Genealogielêer, verkieslik uitgevoer na GedCom-formaat
  • (Dien die kwartierstaat en / of die volledige databasis in vir bewaring saam met die meegaande dokument(e)
  • Onthou om ‘n bibliografie en bronnelys in te sluit, waar van toepassing
Lewer u resultate per Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. aan Otto Diedericks vóór of op 31 Mei, of andersins 30 November.