Die Bybel van die Voortrekkers

Carel Johann de BruinCarel Johann de Bruin, 12 November 2022
Hoekom het 'n kerk 'n politieke embleem? Dit is die vraag wat ek baie hoor en self oor gewonder het. 'n Wyse ou professor sê toe vir my, "Gaan kyk in die Bybel van die Voortrekkers". Het jy al 'n egte Voortrekkerbybel mooi ondersoek? Dít is 'n Bybel waarvan die wortels in die 1500's se Kerkhervorming lê.
Carel Johann het van sy navorsing met betrekking tot die Bybels van die Voortrekkers vertel. Die amptelike Statenbybel het in 1637 verskyn toe die Tagtigjarige Oorlog amper tot ‘n einde gekom het. Van die Bybels is herdruk met ‘n paar veranderings/verbeterings in die teks aangebring.  Aanvanklik is die Statebybels in Gotiese skrif gedruk en dit was in drie groottes beskikbaar.
Op die titelblad van die Statebybel was die leuse Eendrag maak mag en die ZAR het sy leuse uit die Statebybel gekry; dit het ook die leuse van ou Suid-Afrika, Ex Unitate Vires geword. Daar het nie baie van die Bybels behoue gebly nie. Hy gee redes waarom daar relatief min  behoue gebly het en waar mens dit vandag kan besigtig.