Skip to main content

GGSA HEADER AFR

Die Ossewabrandwag

Johan Wolfaardt 10-09-2022Albert Blake, 8 October 2022
BLAKE Afrikaner sondebok Foto boek 2022 10 08Daar bestaan wanpersepsies en vooroordeel oor die Ossewabrandwag (OB); aan die een kant is daar die siening dat dit ‘n fascistiese organisasie, geskool op Nazisme was, en aan die ander kant dat dit bloot ‘n kultuurorganisasie was.
Die OB het in 1939 as kultuurorganisasie vir die Afrikaner met ‘n charismatiese, hoogs intelligente en geleerde leier (met ‘n doktorsgraad in regsgeleerdheid), Hans van Rensburg ontstaan.
Albert Blake het ingewikkelde redes vir die ontstaan van die OB uitgewys, soos letsels van die Anglo-Boereoorlog, die armblankevraagstuk en die politiek van die tyd.  Die Afrikaner het altyd gehoop dat hulle die juk van Engelse oorheersing kon afskud.
Later is daar ‘n militante groep, die Stormjaers binne die OB gevorm. Dit was ‘n klein minderheid en daar is gepoog om regeringsinstansies, soos poskantore op te blaas.  Daar was klein plofstoffabriekies in Pretoria en hulle kon groot skade aangerig het.  Hans van Rensburg het egter die leisels styf vasgehou. Die twee Stormjaers wat die poskantoor in Benoni opgeblaas het, is ter dood veroordeel.  Die vonnis is nooit voltrek nie.  Interneringskampe het ook gehelp om die militantes in bedwang te hou.
Een van die vrae was waar die bronne met die name van lede is.  Die beste bron is die argief by die NWU.
Van die deelnemers het hul herinneringe aan daardie tyd met die gehoor gedeel.