Wat is genealogie? Hoekom is genealogie belangrik?

Die impak en voordele van genealogie strek veel verder as die genealoë wat direk by hierdie wetenskap betrokke is. Dit bevorder dieper en breër kennis en insig in plaaslike, nasionale en internasionale geskiedkundige gebeure.
Meeste genealoë produseer manuskripte en publiseer boeke oor hulle navorsing of deel inligting via die internet, en versprei sodoende hierdie kennis deur die wêreld – en lewer terselfdertyd 'n bydrae tot die breër kennis en begrip van Suid-Afrika.
Die bronne wat diegene bewaar en help bewaar is van historiese en opvoedkundige belang nie slegs vir genealoë nie, maar ook vir 'n verskeidenheid van navorsers in ander vakgebiede.
Die mediese, wetenskaplike, akademiese (byvoorbeeld sosiologie, antropologie, sielkunde, skryfkuns en kuns), sowel as die forensiese gemeenskap, doen toenemend ‘n beroep op genealogiese ondersteuning.