Wat is genealogie
Die word “genealogie” het sy oorsprong in Grieks, maar eenvoudig gestel gaan dit oor familie – jou voorsate en ook jou nasate. “Op elke denkbare manier is die familie 'n skakel na ons verlede, 'n brug na ons toekoms ” (Alex Haley, direkte vertaling).
Die genealogiese terminologie mag soms verwarrend klink, maar die konsepte is eintlik maklik verstaanbaar – ‘n kort video plaas dit in konteks.
Die historiese oorsprong van genealogie strek oor die eeue heen en die belangrikheid van genealogie het op verskillende wyses gemanifesteer in die lewe van ons vroegste voorouers, duisende jare gelede, tot by die koningshuise.
Genealogie is belangrik want dit bevorder dieper insig en kennis van die geskiedenis en die wêreld waarin ons leef. Die waarde van genealogie is vandag selfs groter en meer belangrik as ooit tevore.
Genealogie sal jou op reis neem, jou bekendstel aan merkwaardige mense, jou lei na ver plekke en fassinerende ontdekkings.