Wat is genealogie? Die waarde van genealogie vandag

  • Om uit te vind waar jy vandaan kom.
  • Om bloedlyne en verwantskappe te bepaal of te bevestig.
  • Om jou afkoms van 'n spesifieke groep soos die 1820 Settlers of Hugenote na te speur.
  • Om inligting oor jou afkoms aan jou kinders oor te dra deur ’n omvattende familiegeskiedenis. kwartierstaat of geslagslyn saam te stel vir vir persoonlike belang of publikasie.
  • Om ander vertakkings van die familie te ontmoet en nuwe vriende te maak.
  • Om bloedverwante familielede van aangenome of geskeide kinders op te spoor.
  • Om draers van oorerflike siektes op te spoor.
  • Om die persoonlike relevansie van politieke en/of godsdienstige geskiedenis, reis en oorloë, mode en kultuur, vorme van vervoer, sake en lewenstyle te ontdek.
  • Om 'n uitlaatklep aan 'n ondersoekende gees te bied, om jou eie nuuskierigheid te bevredig en die opwinding te geniet wat gepaard gaan met die bou van 'n komplekse legkaart wat die lewens uitbeeld van werklike mense wat oor eeue heen geleef het.