Een perspektief - Bryson

“.... jy was ook uiters - maak dit wonderbaarlik - gelukkig in jou persoonlike voorgeslagte. Dink aan die feit dat elkeen van jou voorouers aan albei kante al 3,8 miljard jaar, 'n tydperk ouer as die berge en riviere en oseane van die aarde, aantreklik genoeg was om 'n maat te vind, gesond genoeg om voort te plant en genoegsaam geseën deur die noodlot en omstandighede om lank genoeg te leef om dit te doen. Nie een van jou spesifieke voorouers is verpletter, verslind, verdrink, uitgehonger, vasgekeer, ontydig gewond of het andersins afgewyk van sy/haar lewensdoel om op die regte oomblik 'n klein hoeveelheid genetiese materiaal aan die regte maat te lewer om die enigste moontlike reeks oorerflike kombinasies te handhaaf wat uiteindelik - verbasend en al te kort – op jou kon uitloop.”
Direkte vertaling uit ”A short history of nearly everything”, Bill Bryson