Aangestelde lid - GGSA Nasionale Familia Redakteur - Petro Coreejes-Brink 2022

Ellen HarmsePetro Coreejes-Brink (gebore Coreejes) is op 2 Junie 1973 in Bellville in Kaapstad gebore. Sy is die oudste van twee dogters van Magrietha Louisa (Marina) van Wyk (van Brackenfell) en Gerhardus Johannes (Basie) Coreejes (van Carnarvon).
Sy matrikuleer aan die High School Brackenfell in 1991 en begin met 'n B.Bibl-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Kort nĂ¡ die voltooiing van haar biblioteekkwalifikasie begin sy as bibliotekaris by die Cape Technicon in Kaapstad werk. Petro doen graag navorsing en behaal ook 'n BA Hon en 'n meestersgraad in Kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Die fokus van haar laaste kwalifikasie was op geslagsregisters en benoemings patrone in die Coreejes-familie oor 'n tydperk van 200 jaar. Petro doen sedert 1992 genealogiese navorsing oor die Coreejes-familie in Suid-Afrika.
Eers nadat sy haar studies voltooi het, het sy by die GGSA betrokke geraak. Sy was een van die voormalige presidente van die GGSA en was jare lank baie aktief met die opname van die grafsteenprojekte.
Petro werk die afgelope 25 jaar by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (Cape Peninsula University of Technology - CPUT) en is betrokke by spesiale versamelings wat die versamelings van GISA insluit wat in 2018 aan die Biblioteek geskenk is.
Sy is getroud met Sybrand Abraham Brink ( * 08/04/1972) en het twee kinders (Kiran * 2007 en Milina * 2008).