Ontmoet Die Familie: Cloffert/Klopper/Kloppers/Kloppert

                                                                                                                          Potchefstroom Herald 28 Januarie 2016
Indien jou van KLOPPER of KLOPPERS is stam jy waarskynlik af van Hendrik Fredrik KLOPPER (Hendrik Frediksz CLOPPER), oorspronklik van Enter, Noord-Holland * c 1675 + 15.6.1739.
Hendrik * c 1675 trou vir die eerste keer met Pleuntje PIETERS (oba Apalortie PIETERS) in die Gereformeerde Kerk op 14.11.1700 in Hoorn, Noord-Holland. Pleuntje is gebore in Keern, Hoorn, Noord-Holland. Uit die huwelik is ‘n dogter gebore: Jannetje wat op 10.09.1709 in Hoorn gedoop word. Teen April 1732 word na haar verwys in die Kaapse Poletieke Raad se resolusies dat sy nog in Nederland woonagtig is en ongetroud is.
Hendrik tree in diens van die Kamer van Hoorn en vertrek uit Hoorn aan boord die Vrijburg op 31.05.1711. Hy stap aan wal in Kaapstad op 22.10.1711. Hoewel hy as grofsmid in diens geneem is, word hy volgens die skeepsregister aangedui as ‘n soldaat of matroos wat agterbly in die Kaap. Sy attestate word op 15.02.1712 ingedien by die Grote Kerk.
Hy tree vir ‘n tweede keer in die huwelik in die Grote Kerk, Kaapstad op 31.8.1714 met Catharina BOTHA (oba Catrijna) * 1690 = NGK, Kaapstad 7.5.1690 + 1750, dogter van Frierich BOTHA (Both) en Maria KICKERS.
Uit die huwelik sou 9 kinders gebore word, 5 dogters en 4 seuns, slegs 2 seuns sou die KLOPPER van voortdra naamlik Johannes en Hendrik.
Op 21.11.1719 word vermeld dat Hendrik die plaas Moddergat aangekoop het uit die boedel van Abraham BASTIAANSZ, hy neem ook ‘n skeepskorporaal, Philip Matthijs CASPERsz in diens tussen 1719 tot 1726.
In die vergadering van die Politieke Raad van Dinsdag 09.02.1723 word 'n verslag ingedien deur Albertus VAN SOEST en Paulus AUGIER wat in beheer was van die opruiming en vervoer van passesiers en vrag van die gestrande en toe verbrande skip die Schoonberg vir die tydperk van 14.1.1723 tot 6.2.1723, die Schoonberg strand 7.1.1723. Die VOC kommandeer op 18 Januarie Hendrik op met sy wa om te help, op dieselfde dag werk hulle 'n os tot hy dood neerslaan. Op die 27ste is Hendrik in 'n onderonsie met die twee persone in bevel en dreig hulle dat hulle Christiaan Janse van Coppenhage, wat hulle vroeër die dag gearresteer het, moet vrylaat, en dat hy, Klopper, die goedere van sy wa gaan afgooi of net wegry. Hulle arresteer hom en besluit om die hele dag uit te span te Soetendaals Valeij. Opdie 28ste laat hulle Klopper vry op sy belofte van beter gedrag. Na twee ure se trek kom hulle die middag te Buffeljagt Rivier en waar hulle middagete geniet, daarna trek hulle 'n verdere twee ure tot naby Kloppers post. Die volgende oggend toe hulle opstaan om in te span vind hulle dat Klopper die hasepad geneem het, toe hulle by Kloppers post kom word hulle deur sy vrou uitgeskel en sê sy dat haar man reeds na die Kaap vertrek het. Hulle span egter op Kloppers post uit vir die dag. Hulle beveel aan dat die Kompanjie aan Hendrik Klopper 'n wavrag betaal vir sy dienste oor die tydperk.
Van Hendrik se mees bekende nasate is Generaal Hendrik Balzazar KLOPPER (DSO) * 25.9.1903 + 31.12.1977. Hy was in bevel van die 3de Infanterie Brigade in Noord-Afrika gedurende die 2de Wêreld Oorlog en later Kommandant-Generaal van die Unie Magte.
Die tweede is Regter Hendrik Willem Olivier KLOPPER * 8.10.1915 + 3.9/1991. Hy was Regter-President van die Vrystaat en na sy aftrede in 1986 waarnemende hoofregter van Venda, hy dien ook as President van van die Wêreldboksvereniging na sy betrokkenheid by boks van die laat 1960's tot 1981. (Vir meer inligting kontak vir Johan Pottas by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.).

  • Hits: 6331