Die Buyse

ONTMOET DIE FAMILIE BUYS / DE BUYS

Potchefstroom Herald 28.02.2014

As mens die van BUYS hoor dink sommige mense aan die nakomelinge van Barend Buys wat in 1715 in die Kaap uit Braunschweig in die Kaap gearriveer het en ander aan die Hugenoot Jean De Buis wat in 1688 gearriveer het. Die mense verteenwoordig twee verskillende vanne wat dikwels verwar word.
BUYS
Barend Buys was die vroegste stamvader, maar later van tyd het ander Buyse ook na Suid-Afrika gekom, veral van Nederland af.
Barend BUYS het in 1715 in die Kaap gearriveer op die Risdam. Die beste beskikbare inligting dui daarop dat hy ‘n Duitser was, maar geen navorser kon dit hedendaags verifieer nie. ‘n Mens moet in agneem dat die bronne waarin dit gedokumenteer is, met die loop van tyd verlore gegaan het of vernietig is.
Barend het begin werk by die VOC as stalkneg maar metteryd ‘n burger geword. Hy het  op Witteklip (in omgewing van huige Fairview, Paarl), Blomkoolfntein en Sleeswyk (Saldanhabaai omgewing) geboer. Hy is op 27 Jan 1742 oorlede.
Barend trou op 12 Okt 1721 met Alida van den Berg dv Jacobus van den Berg en Jacomina Carteniers.
Barend Buys & Alida van den Berg het 10 kinders (3 seuns) gehad. Dit was tot op hede nog nie moontlik om vas te stel of die oudste seun, Bernardus wel 'n nageslag het wat vandag nog bestaan nie. Die tweede oudste seun, Stephanus, het waarskynlik die talrykste nageslag en die jongste, Jan Nicolaas, se nageslag bestaan ook vandag nog.
Die nageslag van Barend het mettertyd oor die hele Suid-Afrika versprei en vandag is daar ook verskeie van hulle in die Verenigde Koninkryk, Australië, Nieu-Seeland en VSA. Die verspreidng het oorspronklik min of langs die volgende lyne plaasgevind:
Die nageslag van Stephanus:
Noord-Oos Kaapse trekkers wat hoofsaaklik na die Vrystaat en later Transvaal toe getrek het.
Noord-Oos-Kaapse blyers wat hoofsaaklik in Burgersdorp, Aliwal-Noord en Barkly-Oos se omgewing gewoon het.
Oos-Grens trekkers (Somerset-Oos, Albany, Uitenhage en omstreke). Heelwat van hulle het na Natal getrek en die sommige het ook na die Transvaal en Vrystaat getrek.
Oos-Grens blyers was 'n sterk tak wat hoofsaaklik Somerset-Oos gevestig was.
Die nageslag van Jan Nicolaas is rofweg die Noord-Kaapse Buyse met spore in Carnarvon, Upington, Prieska, Kimberley en selfs Namibië. Heelwat van hulle het weer na ander dele van Suid-Afrika uitgesaai.
Wat mens vandag sien is dat daar dele is waar 50 – 100 jaar baie Buyse gewoon het en waar mens vandag geen Buyse aantref nie.
Die Buyse is maar ‘n gewone familie met mense wat hulself oor die totale spektrum van menswees onderskei het en steeds so voorgaan. Enkeles kan dalk genoem kan word.
Kmdt SB (Fanie) Buys (1852 – 1917)het naam gemaak het tydens die Anglo-Boere Oorlog met die opblaas van treine.
Dr PW Buys (1923 – 1999) was ‘n teoloog en digter wat ‘n bekende op Potchefstroom was.
BR Buys (1876 - ?) was een van die ou Afrikaanse skrywers. Hy was onderredakteur van Ons Klyntji en die Patriot. Sy skryfwerk word vandag nie meer hoog geag nie, maar hy het 'n onmiskenbare bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde. Hy het ook ‘n redelik volledige stamboom van sy familielyn opgestel.
ID Buys (1895 – ca 1942) was 'n Springbokkrieketspeler uit die Oos-Kaap wat in die 1920's gespeel het.
[Besoek die Genealogiese Genootskap van SA se webwerf  www.genza.org.za vir meer inligting]

 

  • Hits: 7254