Suid-Kaaptak

GeorgeMuseum1

Die Suid-Kaap tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika is op 25 Augustus 2012 in George gestig. 

Die Suid-Kaap streek strek van Plettenbergbaai in die ooste tot Heidelberg in die weste, asook die Klein Karoo vanaf Uniondale tot by Barrydale.

Die tak vergader een keer elke tweede maand in die George museum.  Die Suid-Kaap tak is een van die Vriende van die George museum, wat ons dus toegang gee tot die fasiliteite. 

Die bronne van die tak word ook in die museum bewaar en is beskikbaar vir die lede om hulle behulpsaam te wees met hul navorsing.