Familia
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) publiseer sy kwartaalblad, FAMILIA, sedert die stigting van die genootskap in 1964. Die geskiedenis van die GGSA en FAMILIA is dus ten nouste verweef en FAMILIA leef voort as die trotse nalatenskap van sy stigters.
Die GGSA se Noord-Transvaaltak borg jaarliks 'n toekenning vir die 'Beste FAMILIA-artikel' wat gedurende die voorafgaande jaar gepubliseer is.
Die inhoud van alle FAMILIA-uitgawes sedert 1964 is elektronies beskikbaar in aflaaibare formaat en is deel van jaarlikse lidmaatskap, sowel as in die biblioteek.
FAMILIA 2017 Volume 54 Nommer 1
Die Mahne Familie 1740 tot 1924 – Deel 2 - Theo van Wyk en Willem Mahne
Family of Depwade Forncett Aldborough St Mary - Derek Austin
Of Mine and Mines-A Brief Look at Descendants Alexander Basch In South Africa. - Sam J Basch
Henning – Du Plooy, Tragiese Familiegeskiedenis - Simon du Plooy
Regstelling: Calitze van Die Klein Karoo Fred Calitz na gesprek met Ben Cilliers.
FAMILIA 2017 Volume 54 Nommer 2
Ouma Bettie, ‘n Merkwaardige Vrou- Linda Farrell ( néé van Wyk)
James Jamieson (1821-1888) - Alta Jamison (neé Kruger)
Familieverhaal uit ‘n Foto-Album - Kobie van Rooyen
Sarel Gerhardus Yssel Van Elandskuil, Ventersdorp - Hennie van Aswegen
Shipping and South Africa: The Critical Role Played by Ships in South Africa's History Keith Clarkson
FAMILIA 2017 Volume 54 Nommer 3
Enkele Grepe uit die geskiedenis van die Opperman-Familie van Suid-Afrika
Dora Opperman
Die Sage van die Kaapse Rebel – PJS (Pieter) du Toit en sy eggenote ME (Maggie) Fouche - Frida Holger
My soektog na Hester Johanna Venter - Elorina du Plessis
The Life and Times of John Henry Northall- Henry Northall
The Baragwanath Saga – The story of a Cornish settler Family in Southern Africa-Roy Lubke
FAMILIA 2017 Volume 54 Nommer 4
Transkripsie in die 21ste Eeu - Ockert en Sassa Malan
Georg Philip Lochner (1775 - 1856) en sy Gesin- Elizabeth Hanekom-Heyns
Bezuidenhout, ʼn Verwarring Van Identiteit- Hennie van Aswegen
Die Geskiedenis van Willem Adriaan van Aardt-1865 – 1934 - Pieter van Aardt
Copyright and the Genealogist-Neels Coertse
Die Kwartaalikse Joernaal van die Genealogies Genootskap van Suid Afrika
1964 - 2019
In die jaar 1939 het 'n klompie Suid-Afrikaanse genealoë onder leiding van prof. S.P. Engelbrecht die eerste Suid-Afrikaanse Genealogiese Vereniging gestig. Aangesien die vereniging nie in staat was om 'n eie tydskrif uit te gee nie, is ruimte in Historiese Studies vir genealogiese artikels beskikbaar gestel. Die heer Hoge het veral heelwat artikels bygedra. Ongelukkig het die vereniging weens 'n gebrek aan belangstelling en die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, doodgeloop.
Die tweede poging is in die jaar 1964 in Wes-Kaapland op die historiese plaas Joostenberg naby Stellenbosch, eiendom van mnr. P.A. Myburg aangewend. Daar is besluit om 'n genootskap in die lewe te roep, wat toe ook op 17 Junie 1964 op 'n vergadering in Kaapstad plaagsgevind het. Die eerste bestuur van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika het bestaan uit: ds H.C. Hopkins (voorsitter); mnr I. Mitford-Barberton (ondervoorsitter); dr. J.A. Heese (sekretaris); mnr. P.A. Myburg (tesourier) en dr. C. Pama (redakteur).
Binne tien jaar het die ledetal tot meer as driehonderd aangegroei. Die vernaamste prestasie van die genootskap is sy lyfblad Familia, wat sedert 1964, elke kwartaal verskyn.
Die inhoud van al die Familia uitgawes vanaf 1964 tot 2019 is op CD beskikbaar. Ook vorige uitgawes van Familia is beskikbaar. Beide items kan by die Genootskap bestel word.
Gaan na ons Produkte blad om dié item te bestel
Laai die indeks af van al die artikels wat in al 56 eksemplare gepubliseer is