Wes Kaaptak - Tuisblad
Nadat die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika in 1964 op die plaas Joostenberg in die destydse Kaap Provinsie gestig is het die Genootskap eers as ‘n landswye organisasie gefunksioneer. Op 4 Junie 1986 het die Wes-Kaap egter hul eie tak van die Genootskap gestig. Dave Mitchell was die eerste voorsitter. Die tak bedien die hele Skiereiland, Weskus, Boland en Overberg. Lidmaatskap is egter nie beperk tot hierdie gebiede nie.
Die Wes-Kaapse tak is ‘n genealogies aktiewe groep en kom elke tweede Saterdag van die maand bymekaar by SASNEV(Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere), Central Plein 4, Pinelands, Kaapstad. Vergaderings behels gewoonlik ‘n spreker oor ‘n interessante onderwerp en dan ‘n gesellige saamkuier agterna. Uitstappies na ander historiese plekke word ook soms onderneem. Die tak beskik ook oor ‘n takbiblioteek wat deur die lede geraadpleeg kan word en dit word ook SASNEV gehuisves.
Goeie samewerking bestaan ook onder andere instansies naamlik; CPUT biblioteek in Wellington, Stellenbosch Heemkring. Die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika (HVSA); die Drakensteinse Heemkring; die Wes-Kaapse Argief- en Rekordsdiens, die Cape Town Family History Society en Cape Town Family Research Forum.
Om vir ons 'n e-pos te stuur of ons telefonies te kontak, gebruik asseblief die Kontak Ons op die sybalkkieslys.