Hendrik LOUWHendrik Louw 2022
Ek is gebore op 9 September 1959 te Kenhardt as die 2de kind (4 seuns) van Willem Jacobus Nicolaas Louw en Elizabeth Maria de Waal.
My kinderdae op die plaas Loogkolk waar ek grootgeword het, was sorgeloos. Ons moes van vroeg af help, maar het ook die ope wye veld gehad waar ons gespeel het. In my jare voor skool het my ouers elke sent omgedraai, dit was droogte jare in die Boesmanland en baie boere, inkluis my ouers het weiweld gaan soek vir die diere in Suidwes-Afrika. Natuurlik was my moeder se ouers Suidwesters. In die tyd het my ouers veld gekry by wyle Oom Hennie Lubbe van Hofmeyer, Oos van Mariental. Die meeste boere het egter meer na die westelike deel van Suidwes waar goeie reen geval het, gegaan. (Dit is die gebied waar die bekende wilde perde van Suidwes is)
Ek het Sub A begin in Kenhardt, maar Sub B was alweer ’n droeë jaar en weer was dit Suidwes toe, so het ek skool gegaan in Stamprietfontein. Die seuns in ou klip koshuis, terwyl die meisies se koshuis naby die skool was, dit is ook waar ons ge-eet het omrede die eetsaal by die koshuis was. Hierdie tyd is vasgevang in my brein en sal ek altyd onthou, die lekker “Artetiese ondergrondse” water, amper asof dit effens soet is, het deur die gebied gevloei en is vandag nog vir verskeie boere ’n lewens-aar. September / Oktober as alles groen is, blomme en vrugte oral.
In 1968 terug in die Boesmanland. Ek het in my skooljare amper aan alle sport soorte deelgeneem wat deur die skole aangebied was. My ouer broer was ’n uitblinker en ek moes hard swoeg om soms by te bly, kon nooit een van sy rekords breek nie.
My laaste drie jaar, was ek egter in Kakamas (Hoërskool Martin Oosthuizen) in die skool. Lieflike tyd en ons klasmaats gesels vandag nog via whatsup met mekaar.
Om iets te sê oor my ouers is maklik, want hulle was uiters hardwerkend, groeie christen mense met goeie waardes. My pa se hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Hy kon ook met almal saam gesels, nee hy het op die meeste vereenigings / unies se komitees gedien, landbou en politiek, om net te begin. Hy kon self bou en die plaas voertuie en masjienerie is gereeld deur homself gediens. Hy was baie betrokke in die plaaslike kommando as AO2 en dien ook op die kerkraad, eers as diaken en later as ouderling. My moeder, ’n geswore suidwester ken van biltong maak en ja, haar skaapboud en ander kosse bly jou hele leeftyd met jou.
Na skool, is dit Bloemfontein toe. Ek woon as kovsie in die bekende of is dit nou berugte manskoshuis, Pres. Reitz kamerwonings en studeer B. Com aan UOVS. In die einde van my 2de jaar, begin ek by Volkskas werk, die twee jare daarna doen ek my Nasionale diensplig. Begin by Potchefstroom, toe Infanterieskool waar ek klaar maak en rang kry, dus Luitenant. Ek bereik later die rang van Majoor. My weermag dae, kampe ens. was vol verantwoordelikhede, maar ek sal jok as ek sê ek het dit nie ook geniet nie. Ek ontmoet ook die meeste senior range van daardie tyd, persoonlik.
In 1986 tree ek in die huwelik met Sharon Gail Lockhart. Ons het drie kinders, Chantel, Jaco en Sindy. Jacobus de Waal Louw (Jaco) tree in die huwelik met Luzanne Meyer en hul seun, De Waal Louw word op 22 Nov 2017 gebore.
Na 39 jaar in die Bankwese bedank ek en begin my eie Eiendomsbesigheid (HESHA Eiendomme) HE = Hendrik + SHA = Shar.  Ons woon tans al vanaf 1992 in Kempton Park, die Here seen ons en is baie gelukkig.
Die Genealogie gogga het my gebyt toe ek in die laat 1969, begin 1970 vir Oupa Izaak Jacobus Louw sy broers en susters se name moes neerskryf. Alhoewel hy basies sestien kon onthou (hy is 4.3.1887 gebore, op 103 jaar en 6 mde op 13 September 1990 oorlede) is daar later met navorsing bewys dat daar ten minste 22 kinders was. Dit mag self 24 wees, indien daar aangeneem word, kinders vroeg oorlede se name is weer gebruik.
In 2009 word ek verkies as president van die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika. Ek bedank tydens die AJV van 2012 as gevolg van gesondheid, druk en eie besigheid verantwoordelikhede. Ek bly egter eers aan as produk verteenwoordiger en tesourier. Baie gou sou ek net die produkte vir GGSA hanteer en doen dit vandag nog