Wendy Cox bedank die sprekers en Wilhelm Bernhardt spreek die laaste woord


 

Wilhelm Bernhardt - Die laaste woord / The final Word 
“Die verlede glip weg en raak verlore, vloei weg soos water, stroom weg soos sand, en ons hoor die lae geruis en merk hoe dit verlore gaan. Ek is al  wat dit sien, die enigste waarnemer, die enigste getuie: die stof op die blink  swart stewels, die spore van die perde in die pad, die wiegende gordyn voor die venster of die lintjie op die drumpel; ek is al wat daarvan weet, en as ek dit nie opteken nie, sal dit verlore gaan asof dit nooit bestaan het nie. Ek is al wat hoor, en as daar stemme uit hierdie duister sou opklink, sal die woorde verlore gaan as ek nie luister en dit opteken nie”.
Uit: Verliesfontein, Karel Schoeman ,1998
"The past slips away and is lost, flows away like water, drains away like sand, and we hear the low murmuring of noise and notice how it is lost. I am the one seeing it, the only observer, the only witness: the dust on the shiny black boots, the tracks of the horses in the road, the swaying curtain in front of the window or the ribbon on the threshold; I'm the only one who knows about it, and if I did not record it, it would be lost as if it never existed. I alone hear, and if there were voices sounding from this darkness, the words would be lost if I did not listen and record them”.
Direct translation from: Verliesfontein, Karel Schoeman ,1998
  • Hits: 470