Skip to main content

GSSA HEADER ENG

Harmzen in Suid-Afrika

Geskryf deur Stephan Botha.
                                    POTCH HERALD 26.7.2013
Herman HARMZEN * Doetinchem Stad, Nederland 4.12.1834 was die oudste  kind van Johannes HARMZEN *22.12.1810 +03.10.1910 x Doetinchem Stad 29.8.1834 Berendjen MIDDELDORP *20.02.1809 +26.10.1879.
 Uit die huwelik is nog vier kinders gebore:  Willem  *13.05.1837 +09.02.1927; Gerhard  *15.07.1840 - ? ;
Johannes Bernardus *28.12.1843 +28.02.1919;en Willemiena *22.09.1847 - ?
Herman HARMZEN verlaat sy land en arriveer gedurende 1857 in Suid-Afrika. Die vermoede bestaan dat hy weens die oorloë in Europa besluit het om sy vaderland te verlaat. Hy vestig hom in die Noord-Vrystaat en doen diens as onderwyser vir die Boere kinders in die omgewing. Op trou op 29 Julie 1867 met Susanna Elizabeth Margaretha SWANEPOEL *30.8.1850 +4.4.1904 [vyfde kind van Gerhardus (Gert) Stephanus SWANEPOEL  *12.02.1817 +21.07.1873 en Susanna Elizabeth Margaretha CORDIER (CORTJE] *08.08.1819 +29.07.1898.
Uit hierdie huwelik is agt kinders gebore:
1.Susanna Elizabeth Magrieta *05.11.1869
2.Johannes *26.01.1872 +05.12.1952
3.Gerrit Stephanus *14.08.1874 +24.01.1940
4.Herman *07.01.1876 +01.11.1957
5.Pieter Andreas *18.12.1878 +09.11.1954
6.Berendjen *31.03.1881 +25.08.1958
7.Willem HARMZEN (sneuwel 18.02.1900 tydens slag van Paardeberg, 19jaar oud)
8.Cornelia Gertruida *6.11.1886 +16.12.1925)
Die huisgesin het vooruit geboer in die Bothaville omgewing langs die Vaalrivier.
Op 3.10.1899 word die HARMZEN broers opgekommandeer om in die oorlog van die twee Boere republieke teen Groot Brittanje te gaan veg.
Op hierdie stadium was Gerrit, Pieter en Willem nog woonagtig op die plaas Sandfonteinpan, vermoedelik saam met hulle ouers. Johannes het saam met sy skoonouers, die VAN DEN BERGs, op die plaas Hart van Boomtuin gewoon en Herman het op die plaas Koedoesdraai gewoon. Die oorlog sou spoedig sy tol eis onder die huisgesin. Die HARMZEN broers is met die Kroonstad Kommando na die Wes-Front waar hulle ook deel was van die mag wat die Engelse by die slag van Magersfontein verslaan het. Hulle het deel van genl. Cronjé se magte gebly en het uiteindelik saam met Cronjé die geveg by Paardeberg beleef. Dit was tydens hierdie slag dat die jongste broer, Willem, op 18.2.1900 gesneuwel het.
Die broers is uiteindelik terug na hulle plase en het vermoedelik later weer by die magte van genl. Christiaan de Wet aangesluit. Die vrouens en kinders het 'n redelike vreedsame tyd beleef totdat die Engelse gedurende Augustus 1901 1901 hulle huise vernietig het. Die vrouens en kinders is hoofsaaklik na die konsentrasiekamp by Brandfort geneem. Van hulle kon egter daarin slaag om uit die hande van die Engelse te bly deur op die eilande in die Vaalrivier te skuil.
Kort na vredesluiting op 31.3.1902 het nog 'n slag die HARMZEN familie getref. Die stammoeder van die  familie sterf op 4.2.1904 op die plaas Leeuwbosch in die Wolmaransstad distrik  waar sy waarskynlik ook begrawe is. Dit blyk dat die plase wat Herman HARMZEN hoofsaaklik deur vererwing van die SWANEPOEL familie bekom het, na die dood van sy vrou onder sy kinders verdeel is. Hy het sy laaste jare by sy oudste seun, Johannes, op die plaas Hart van Boomtuin deurgebring waar hy  hom in sy die laaste jare hoofsaaklik met die teel van perde besig gehou het. Hier sterf hy dan op 29.5.1921. Hy is op die plaas begrawe.
Die eerste kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (aanvanklik uitsluitlik 'n Transvaalse kerk), in die Bothaville omgewing (in die Vrystaat), is later onder leiding van Johannes HARMZEN op hierdie plaas gebou. Die familie kerkhof het die gemeente se kerkhof geword en is vandag nog die besit van die NHK gemeente Bothaville. Herman HARMZEN se graf kan steeds in hierdie stukkie van Afrika gevind word.
(Inligting verskaf deur Stephan Botha (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.)

  • Hits: 9138